Sandy Feet
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 12 Aug 2024 tot 19 Sep 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 842R2 561 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sandy Feet is 'n pragtige selfsorghuis in die hartjie van Langebaan. Dit is ideaal vir 'n groep vriende óf 'n gesin, aangesien dit binne stapafstand vanaf die strand en ander besienswaardighede is.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed elk en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste maak gebruik van die derde badkamer met 'n bad en stort. Die vierde slaapkamer is buite en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Verder het die eetarea 'n ingeboude binnebraai wat ideaal is vir die winter. Buite is daar 'n lieflike houtdek met sitplek en braaigeriewe wat die perfekte plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet terwyl die vuur brand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 68
Resensies 330
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap