Rest Assured House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Paradysstraat 44, Heilbron, 9650, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rest Assured House is 'n selfsorghuis wat sentraal in Heilbron geleë is. Dit is die ideale opsie vir 'n groot gesin, groep vriende of sakereisigers.
Dié verblyf bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n wasmasjien toegerus. Daar is 'n sit- en eetarea en 'n TV met DStv-kanale, asook 'n pooltafel.
Buite is daar 'n lapa met braaigeriewe, 'n groot tuin, trampolien en 'n swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby geriefswinkels, wegneemeetplekke en Heilbron Gholfklub. Die verblyf het 'n boorgat in die geval van waterprobleme.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Paradysstraat 44, Heilbron, 9650, Vrystaat
Sien meer verblyf in Heilbron Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Paradysstraat 44, Heilbron, 9650, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom