Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 606 reviews.
"Dinokeng het die potensiaal om 'n baie suksevolle en gewilde alternatief te wees. "
"Dit is 'n asemrowende uitstappie so naby aan Johannesburg en Pretoria. Die wildlewe is fantasties."
"When we entered by the gate, no one informed us that we could get a map of the game reserve. We only discovered this when we left and paid."
"Benodig omtrent drie weke om die hele wildreservaat te deurkruis om alles te sien. Enigste nadeel is te min toiletgeriewe."
"The charges are getting exorbitant. R80 per person conservation fee is fine, but then an additional R50 for the car? Plus R250 self-drive permit. Cheaper to get into Kruger!"
"Ons het op 'n self-bestuur wildrit gegaan en baie wild gesien. Bespreek en betaal voordat jy gaan, dit is baie makliker."
"'n Wonderlike naweekplek vir mense van Johannesburg en Pretoria. Die bos en veld is fantasties. Daar is altyd wild om te besigtig, maar die Groot 5 is skaars. Die reservaat is 22 000 hektaar en tussen 25 en 30 olifante, so gaan net om die bos en veld te geniet. Ons het seekoei, jagluipperd en bosvark gesien wat ongelooflik spesiaal was. Gaan steek 'n vuurtjie aan onder die sterre en vergeet van die stad se gejaag."
"Die padkaart kan beter wees en dit sal meer gerieflik wees as permitte by verblyf gekry kan word."
"Die "self drive" roetes is goed gemerk en die reservaat is pragtig, daar is egter baie groot dele waar jy nie kan ry nie, omrede dit privaat grond is en besoekers op die "self drive" word nie daarop toegelaat nie. Dit is nogal 'n uitgawe om die reservaat te besoek."
"Ons het darem diere gesien, maar daar was wel baie Privaat Ingange wat ons nie kon benut het nie, en ek dink werklik om meer van die diere in die Reservaat te kon sien, en omdat mens betaal vir meer as net verblyf, sal ek graag meer toegang wil hê om dit te kan doen. Dit sal die ervaring troef bo ander wildreservate, glo ek."
"Die vroeë oggend wildrit was baie spesiaal met die sien van 'n renoster-familie. Ons gids was ook kundig en het 'n hele paar interessante dinge gedeel."
"Well-run reserve. I was even able to recover a wallet I had lost after entering the reserve due to the kindness and attentiveness of the guards. 5 stars!"
"Dinokeng is a small reserve, we did not see any of the Big 5, but we had a nice stay nonetheless."
"Dink net as jy binne-in reservaat bly moet jy 1 keer die fooie betaal en dan res van tyd self-drives kan doen!"