Garden View Villa Unit in Riverclub Villas
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hill House Hoofstraat 16, River Club Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 670 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Garden View Villa Unit in Riverclub Villas bied selfsorgverblyf in die veilige en pragtige River Club Estate in Plettenbergbaai en is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie aangesien dit stapafstand van gewilde strande af is.
Dié eenheid op die eerste verdieping het slaapplek vir 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n enkelbed en 'n stapelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. 'n Stort is beskikbaar in die tweede badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die dubbeldeure is daar 'n onderdakbalkon met 'n buite-eettafel en 'n Weber-braai. Die River Club het gemeenskaplike geriewe soos 'n swembad, 'n rivier, tennisbane en muurbalbane.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Nadine Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hill House Hoofstraat 16, River Club Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Piesangvallei Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hill House Hoofstraat 16, River Club Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang