Die Jacobsdaller
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mauritzweg 31, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R590 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Jacobsdaller bied slaapplek aan 9 gaste in 2 aparte eenhede in die kusdorp Jacobsbaai.
Jacobsdaller 1 bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer, 'n kombuis en 'n binnebraai-area. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n enkelslaapbank in die braaikamer. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet.
Daar is 'n yskas, mikrogolf, induksiestoofplaat, 'n elektriese braaipan, asook tee- en koffiemaakgeriewe in die kombuis. Die eenheid het 'n TV met 'n vol DStv-pakket en 'n binnebraai.
Buite is 'n tafel met sitplek en 'n see-uitsig. Troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word.
Jacobsdaller 2 bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens. Die sitarea het 'n enkelslaapbank en 'n enkelbed. Daar is 'n stort en 'n bad in die badkamer.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is ook geriewe soos 'n TV, 'n vol DStv-pakket en 'n binnebraai in hierdie eenheid.
Buite is 'n boma-braai met bankies en 'n uitsig oor die see. Troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word. Al die gaste het toegang tot WiFi.
Jacobsbaai bied 'n verskeidenheid aktiwiteite waaronder bootvaart, visvang, duik, staproetes, wandelpaaie, duinry, asook voëlkyk. Tussen Julie en September word die omgewing lewendig met blommeprag.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nico Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 145
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Mauritzweg 31, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Jacobsdaller het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mauritzweg 31, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom