Die Windswael
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1067, Witsand, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Die Windswael is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in Breedezicht Estate, Witsand, en is perfek vir 'n groot gesin of 'n groep vriende.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en elkeen het 'n balkon, en suite-badkamer en 'n pragtige uitsig oor die rivier en landskappe. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is op die grondverdieping. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel die derde badkamer met 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het oorgenoeg sitplek en daar is 'n TV, asook gratis WiFi. Hierdie huis spog ook met 'n pragtige sonkamer en 'n groot balkon met 'n uitsig oor die landskap.
Die leefarealei na 'n lieflike stoep met braaigeriewe, buitesitplek en 'n asemrowende uitsig. Daar is parkeerplek in die straat, asook in die agterplaas. Die huis het 'n omsetter wat krag aan sekere dele van die tydens kragonderbrekings voorsien.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- Erfdeel 1067, Witsand, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1067, Witsand, Witsand, 6666, Wes-Kaap