Koekeloer Selfsorg Eenhede
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 13
- Vanaf R985 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Koekeloer Selfsorg Eenhede bied plaasstyl selfsorgverblyf in eenhede met unieke en stylvolle afwerkings. Die verblyf is sentraal in Nieu-Bethesda geleë en slaapplek is beskikbaar in 3 selfsorgkothuise, elk met plek vir 2 gaste.
Koekeloer Kothuis 1 is 'n knus kothuis met plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is sitplek vir 2 by die etenstafel. Die eenheid het ook gemaklike sitplek en 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe.
Koekeloer Kothuis 2 is oopplan en het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Die eenheid se kombuisie is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware toegerus en daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kothuis het ook 'n privaat stoep met braaigeriewe en gaste kan in die plaasstyl swembadjie afkoel.
"The Shed" is ons nuutste kothuis met plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en leefarea. Die slaapkamer het 'n ekstra lengte koninggrootte-bed. Lekker vuurmaakplek (vir die koue winters nagte of net n romantiese aan met n glasie wyn) met 'n stort, bad, wasbak en aparte toilet. Die kombuis area is toegerus met 'n gas vierplaatstoof, "air fryer", 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware en daar is sitplek vir vier by die etenstafel. Die eenheid het ook gemaklike sitplek en 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe. Die buite private kuierarea het n buite stort en wasbak. Trappe vanduit die slaapkamer loop uit op n buite dek met twee gemaklike stoele waar mens jou ogend koffie of n drankie kan geniet met n pragtige uitsig. Dit is die perfekte plek vir 'n romantiese wegbreek!
Die verblyf se ligging bied maklike toegang tot al die dorp se restaurante, plaaslike besienswaardighede soos die Uilhuis, Kitching Fossielsentrum en pragtige voetslaanroetes rondom die dorpie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Coert Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
- Gaste dink Koekeloer Selfsorg Eenhede het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nieu-Bethesda Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 13