Krom Cottage and Westway Corner
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Krom Cottage is in die historiese gebied van Montagu in die Breederivier-vallei geleë.
Verblyf is beskikbaar in 2 elegante selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 gaste elk.
Krom Cottage is apart van die hoofhuis. Dit het slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer en daar is 1 badkamer, 'n kombuis en 'n eetarea. Die woonstel het 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. Daar is ook 'n haardroër en 'n verwarmer. Die kombuis is met 'n yskassie, tweeplaatstofie, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste.
Westway Corner het sy eie ingang en is aan die kant van die huis. Daar is 'n buite-eetarea onder 'n pergola met buitemeubels en braaigeriewe waar gaste 'n uitsig op die Langeberge kan geniet. Westway Corner se leefarea is modern en sluit 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstoof in. Daar is ook 'n rusbank, 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. Die eenheid het ook 'n haardroër, waaier en 'n verwarmer.
Komplimentêre tee, koffie, beskuit, muesli, joghurt, sap en vrugte word voorsien in albei eenhede.
Verskeie restaurante, die Saterdagoggend-mark en 'n aantal winkels, kunsgalerye en museums is alles stapafstand ver. Montagu is bekend vir sy droëvrugte, muskadel en het 3 wynkelders met proelokale.
'n Hele aantal staproetes begin ongeveer 350 m vanaf die kothuis. Dit is ook die ideale basis vir ander doendinge in die omgewing, soos rotsklim, bergfietsry, warmwaterbronne, sterrekyk en trekkerritte. Daar is verskeie ander bekende wynkelders in die area om ook te besoek.
Marchelle, een van die gasvroue, is 'n offisiële toergids met haar eie toeristebesigheid op Montagu. Sy bied begeleide geskiedkundige toere van Montagu te voet óf per fiets aan. Haar kunsfietse wat deur verskeie kunstenaars op die dorp geverf is, kan ook gehuur word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Kotie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 79
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Krom Cottage and Westway Corner het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromstraat 1, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang