Lekker lê Selfsorg
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R27, Plaas Heldersig, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Lekker lê Selfsorg bied gerieflike selfsorgverblyf vir 2 in aparte eenheide op Heldersig plaas. Die plaas is 1,8 km vanaf Nieuwoudtville, ver genoeg om die stilte te geniet en naby genoeg indien gaste iets in die dorp kort. Die verblyf is tussen bome en pragtige blomme tydens blommeseisoen.
Die eerste eenheid, Uitsig, het slaapplek vir 4. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elk. Daar is 'n badkamer met 'n stort, 'n sitkamer met 'n TV en 'n kombuis met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n braai-area.
Die tweede eenheid, Die Stal, het slaapplek vir 3 en beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n enkelbed in die sitarea. Daar is 'n badkamer met 'n stort, 'n sitkamer met 'n TV en 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n tweeplaatstoof. Die eenheid het 'n braai-area.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Nieuwoudtville se Blommereservaat en die Hantam Nasionale Botaniese Tuin in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Izak Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 93
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Langs die R27, Plaas Heldersig, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap
- Gaste dink Lekker lê Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Nieuwoudtville Noord-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R27, Plaas Heldersig, Nieuwoudtville, 8180, Noord-Kaap