Lord Carnarvon Guesthouse
- Kapasiteit: 42 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Danielstraat 10, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lord Carnarvon Guesthouse bied moderne akkommodasie in 'n pragtige Karoohuis. Die huis is in 1886 deur Frans Carel Te Water gebou, gerestoureer om reg te laat geskied aan sy eertydse glorie, en verwek herinneringe van vervloë Karooprag.
Die gastehuis het 21 kamers wat toegerus is met lugversorging, satelliet-TV's en sitkamers met knus kaggels. Van die kamers is aparte woonstelle wat oorspronklik diens gedoen het as nagmaalkamers en stalle vir die boere in die omgewing wat die dorp lank terug net een keer per maand besoek het. Beperkte selfsorgfasiliteite is beskikbaar en tradisionele Karoogeregte word bedien op versoek.
Gaste kan lekker ontspan in die gemeenskaplike sitkamer wat toegerus is met 'n kaggel. Verskeie Karoogeregte word voorberei by die gastehuis op versoek en is ook beskikbaar by plaaslike restaurante. Daar is ook braaigeriewe en parkeerplek op die perseel beskikbaar.
Geld kan nie die jare en herinneringe koop wat in die Lord Carnarvon Guesthouse vergestalt word nie. Die gastehuis is pragtig gerestoureer deur Pieter Hoffman. En besoekers word altyd op 'n verbeeldingsreis na die Karoo se eertydse grootheid geneem deur die soomlose vermenging van moderne geriewe en oudhede.
Lord Carnarvon wag op jou om sy drumpel te betree.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Carel Pieter Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 168
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Danielstraat 10, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Lord Carnarvon Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Carnarvon Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 42 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Danielstraat 10, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap