SANParks Paulshoek Cottage
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Wes-Kaap
- Vanaf R2 111 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
SANParks Paulshoek Cottage is in die Tankwa-Karoo Nasionale Park. Dié asemrowende park is weerskante van die Noord-Kaap en Wes-Kaap se grens, met die Roggeveld-platorand na die ooste, die Sederberge na die weste en die Klein Roggeveldberge na die suide.
Die Paulshoek-plaasopstal is die eerste opstal wat vir gasteverblyf in die park opgeknap is in 2003 en het antieke meubels. Die kothuis is 5 km vanaf die Park se ontvangs by Roodewerf en het asemrowende uitsig te oor die Roggeveld-platorand en die landskap tussen-in.
Paulshoek Cottage het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Daar is nie elektrisiteit in die kothuis nie. Elke slaapkamer het 1 dubbelbed en 1 enkelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas wat met sonkrag werk, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Parafienlampe en kerse word voorsien. Daar is 'n donkie om water te verhit en hout word voorsien. Daar is ook 'n houtstoof wat gaste kan gebruik as dit baie koud is. Braaigeriewe is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Thandeka Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 1255
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Wes-Kaap
- Gaste dink SANParks Paulshoek Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Tankwa-Karoo Nasionale Park Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Wes-Kaap