Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2314 resensies.
"Fantastiese deel van ons land met vriendelike mense. Daar kan jy die stilte in die natuur geniet en waardeer. Fauna, flora en klippe en berge is totaal anders as ander dele van die land en bring nuwe waardering vir die natuur."
"The place to visit and learn more about Northern Cape Province in RSA."
"Die omgewing is pragtig en die Kokerboomroete is werklik 'n besoek werd. Die hoogtepunt is natuurlik die Augrabiese Waterval en Natuurreservaat met 'n restaurant waar ons 'n heerlike ete geniet het."
"Dankie Askham. Soos Appel sing in sy liedjie Kalahari, het jy ons op die horison verwelkom."
"Dorp is bietjie vuil, maar ons het lekker gebly en sal beslis weer daar oornag in die toekoms!"
"Dit was 'n wonderlike ervaring om die gebied te besoek en in die plaaslike gasvryheid te deel."
"'n Natuurwonder. Spyt dat ons nie al vroeër die valle ontdek het nie. Die restaurantpersoneel is baie vriendelik, kos heerlik en bekostigbaar, personeel by die hek het ons onmiddelik welkom laat voel. Alles baie skoon en netjies."
"Sociable weaver nests hanging off telephone poles alongside the road. Springbok grazing. Ground squirrels. A dry and arid landscape that has its own unique appeal."
"Askham is 'n Kalaharidorpie met opregte mense, in die winkels en by die petrolpompe."