Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 267 resensies.
"Het net oorgeslaap op pad wildtuin toe, maar sou oorweeg om soontoe te gaan vir die wolfees. Die N9 nasionale pad is in goeie toestand en nie naastenby so besig met vragmotors soos die N1 nie. Middelburg is op my lys van aanbevole oorslaapplekke op my aanbevole roete noord."
"Dit is maar 'n klein plattelandse plaasdorp. Dit is aansienlik skoner en netjieser as voorheen."
"Middelburg town center seems a bit run-down and a couple of beggars on the streets, sadly like so many other South African town centers."
"Middelburg is conveniently situated for a stop-over between the Southern Cape and the Free State."
"Dit is 'n pragtige plattelandse dorpie met vriendelike inwoners."
"Ons het by Celtis Karoo aandete gaan geniet - was aangenaam met baie vriendelike diens en goeie gehalte kos. Was heeltemal verras met wat ons daar aangetref en beleef het. Sal definitief volgende keer eerder van hul oornagverblyffasiliteite gebruikmaak."
"Mooi dorpie - straatbedelaars laat mens onveilig voel. Hou baie van die vriendelikheid van die dorp, die ou Karoohuisies is "eye candy"! Kan sien gastehuise doen moeite om gaste te beveilig."
"Middelburg het sy uitdagings en ek glo dat die owerhede na die uitdagings sal kyk."
"Middelburg se strate is vervalle en a.g.v. vorige keer se ervaring met inkopies ervaring en mense wat jou pla, het ons eerder alle eetgoed voor die tyd gekoop."
"Vir ons was dit net 'n oorslaapplek op pad George toe. Ek is seker daar is verskuilde juwele in en rondom die dorp. Vroegoggend was die strate al skoongevee."
"Middelburg is only a sleepover destination, town is dilapidated unfortunately. "
"Middelburg is goed geleë vir 'n halfpadstop tussen veral Mosselbaai en JHB. Selfs tussen Kaapstad en JHB indien jy bietjie ander en stiller paaie wil verken. Ons was vanaf Oudtshoorn op pad na Potchestroom en dit is 'n goeie oornagstop indien jy nie langafstande wil reis deur die dag nie."
"The town is very rundown, streets are dirty and full of potholes, feels like you are visiting a place where everything has stopped developing for at least 80 years! A pity as this historic town could attract tourists if it was cleaned and maintained."
"Dis 'n klein dorpie wat baie goed geleë is vir oorslaap as jy ry George se kant toe."
"Was a nice change as we usually stay in Colesberg, so was a lovely detour."