204 on Panorama
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-weg 204, Sunrise-on-Sea, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
204 on Panorama is 'n selfsorg-gastehuis wat deel vorm van die eienaar se huis, maar dit is apart van die huis en het sy eie ingang. Dit is in die Sunrise-on-Sea area in Oos-Londen.
Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuisie en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is ten volle toegerus vir selfsorg en het ’n induksieplaat, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die kompakte eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het ’n bank vir 2 gaste en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook kaarte en bordspeletjies. Die eenheid het gratis WiFi, 'n privaat binnehof met braaigeriewe en veilige parkeerplek.
Daar is komplimentêre koffie, tee, melk en beskuit met aankoms. ’n Basiese kontinentale ontbyt word op die eerste oggend bedien.
Die eiendom is sowat 4 km vanaf restaurante, die Spar en ander winkels. Die buurt is lekker stil en die strand is 600 m ver.
Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Slaapplek
’n Bespreking by 204 on Panorama sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
Badkamer
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Kim Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Panorama-weg 204, Sunrise-on-Sea, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Gaste dink 204 on Panorama het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Buffelstad Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-weg 204, Sunrise-on-Sea, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom