Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

63 Slakkepas Self Catering

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 375 R1 169 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

63 Slakkepas Self-catering is in Dwarskersbos geleë en bied gehalteverblyf vir 'n klein gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die grasdak-vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondvloer, waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander 'n stapelbed. Albei slaapkamers het ingeboude kaste en die aparte badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer is op die solderkamer geleë en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met OpenView, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Wi-Fi is beskikbaar.

Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf en die boonste slaapkamer loop uit op 'n dek.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad, speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis en tafelvoetbal.

Slakkepas is binne maklike bereik van die winkel en die see. Dwarskersbos is net 12 km vanaf Velddrif met verskeie restaurante, museums en winkels om te besoek.

Daar is baie doendinge in die area soos 4x4-roetes, staproetes, wynproe en die Weskus-veldblomme. Die Flamingo's en Rocherpan Natuurreservaat is net 10 km vanaf Dwarskersbos.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 2
Spa-bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir 63 Slakkepas Self Catering
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sam Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink 63 Slakkepas Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 375
R1 375 R1 169
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 375
R1 375 R1 169
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA546c98d0e7ba213ab33ae28848e9e89067d98c2e566e45bf325cf6bc5e8eea6aefcd8f324abafab69cca44421bc4b3acfb30?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 375 nouVanaf R1 169 per nag (plek vir 6) 17 5 1 5 Main Road Slakkepas 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.694661782927 18.234023416672

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang