Badensfontein
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Badensfontein is 'n pragtige plaas in 'n rustige omgewing net sowat 5 km buite Montagu, een van die dorpies langs die skilderagtige Roete 62. Dit is die ideale plek om te ontspan en die natuur te geniet. Hier kan gaste luilekker op die plaas rond wandel of lang ente in die veld of wingerd gaan stap.
Verblyf is beskikbaar in 5 smaakvol versierde, luukse kothuise genaamd Ruby, Merlot, Ribbok en Steenbokkie. Elke eenheid is volledig toegerus met selfsorggeriewe. Van die eenhede het lugversorging, 'n TV met DStv, 'n sitarea en 'n braai-area.
Daar is 2 privaat luukse tente in die bos by Badensfontein. Elke tent is volledig ingerig vir selfsorg met 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, induksiestoofplaat, Nespresso-koffiemasjien en braaigeriewe. Daar is nie 'n oond nie. Elke luukse tent het sy eie privaat badkamer met 'n stort en lugversorging. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Ons is ook trots om geriewe vir verskeie geleenthede en funksies te bied. Cabriéres is 'n unieke kelder wat uit die 1800's dateer en opgeknap is om te dien as die ideale plek vir funksies, konferensies en werkswinkels. Dit is tussen die pragtige Keisie en Koo-pas geleë en kyk uit oor die wingerde met die majestueuse Langeberge in die agtergrond. Ons kan 60 - 80 afgevaardigdes akkommodeer in 'n klaskamer-uitleg en sowat 140 in 'n teater-uitleg. Laat ons weet wat jou behoeftes is en ons sal vir die res sorg!
Die perseel het ook 'n swembad en parkeerplek. Doendinge in die omgewing sluit bergfietsry, kloofklim, abseil, valskermsweef, visvang, voëlkyk en bootvaart op die Breederivier in. Daar is ook wyntoere in die Breederiviervallei.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Witborde
- Skuifie-projektor
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Sankie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 109
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Badensfontein het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang