De Wawielhuis Calitzdorp
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 5 Sep 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lourensstraat 9, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R814R543 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Wawielhuis Calitzdorp is in die pragtige en bekoorlike dorpie Calitzdorp op Roete 62 in die hartjie van die Klein-Karoo geleë. De Wawielhuis is in die vroeë 1900's gebou en hierdie Victoriaanse huis spog met Oregon-dennehoutvloere en hoë plafonne. Die instansie is stapafstand van uitstekende restaurante, verskeie winkels en OTM's geleë.
De Wawielhuis bied akkommodasie in 2 huise en 4 kothuise aan. Die eenhede kan saam bespreek word vir familiesaamtrekke, troues of groter groepe wat saam reis.
Die huis bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis, 'n sitkamer, 'n eetkamer en 'n braaiplek. Die huis is met ou antiekstukke gemeubileer. Die kothuise beskik elkeen oor 'n slaapkamer, 'n en suite-stort, 'n kombuis en 'n beskutte patio-area. Die huis én die kothuise is ten volle gemeubileer en toegerus met al die nodige geriewe.
Die verblyf is ten volle omhein met 'n 2 m-baksteenmuur en dit het ook 'n outomatiese hek en parkeerplek in die skaduwee. Kom geniet die vars lug en rustigheid hier by ons. Dit is 'n rolstoelvriendelike instansie.
Ons bied nog 'n huis en 'n kothuis (PaSeHuys en Rooiberg Cottage). Die eiendom is opgeknap met 'n nuwe badkamer en kombuis. PaSeHuys beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, sitkamer en eetkamer, braai-area en veilige parkeerplek. Rooiberg Cottage het 'n dubbel- en enkelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
PaSeHuys en Rooiberg Cottage is by 'n ander adres geleë, maar steeds stapafstand vanaf die hoofhuis.
Daar is slaapplek vir 17 gaste altesaam.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Shadley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 51
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Lourensstraat 9, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink De Wawielhuis Calitzdorp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lourensstraat 9, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom