- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 60 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Herehuis is in die laat 1800's gebou deur Heer Kieser van Engeland en is twee strate vanaf die besige N1, in die stil dorp, Beaufort-Wes geleë. Dié gastehuis is ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad of George en het 'n romantiese en unieke styl in die hartjie van die Groot-Karoo.
Verblyf beskik oor 17 luukse eenhede, waarvan 6 opgeknapte en uniek versierde perdestalle is. Elke eenheid het katoenlinne, anti-allergeniese duvets en kussings, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi, insekweerder, haardroër, seep, sneesdoekies, lugversorging en warm komberse.
Langsaan die swembad is daar 'n tuin waar kinders kan rond baljaar en 'n groot onderdakbraai-area met 'n kombuisie. Karoo-lambraaipakke is beskikbaar, mits vooraf reëlings getref is. Daar is 'n heerlike sondak-eetkamer wat Maandae tot Saterdae oop is vir ontbyt en aandete, en is bekend vir smaaklike Karoodisse en ontbyt. Bespreek asb. voor aankoms.
Die Herehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke en daar is geslotekringtelevisie. Daar word Engels en Afrikaans by die gastehuis gepraat. Rook word in die tuin en op privaat stoepe toegelaat.
Die gastehuis is net 6 km vanaf die Karoo Nasionale Park met 'n lieflike uitsig-roete en meer as 6 000 fauna- en floraspesies. Die park bied ook 'n tuiste aan 5 skilpadspesies - die meeste in enige bewarea ter wêreld. Die park het ook uitdagende 4x4-roetes in die berge, asook fietsry-, voetslaan- en fossielroetes.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ralph Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 445
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Herehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 60 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap