Flamink Beach View Cottage
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Flamink Beach View Cottage is 'n selfsorg-visserskothuis met 'n asemrowende see-uitsig in die bekoorlike dorpie Paternoster. Die huis is 60 m van die strand af en spog met 'n lieflike uitsig oor die baai van die stoep af. Gaste kan die restaurante en winkels in die area besoek of op die strand gaan stap.
Die knus kothuis met 'n kaggel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n ekstra vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, goeie kwaliteit eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 4 stoele en die sitarea het 'n rusbank, ekstra sitplek, 'n losstaande kaggel en 'n platskerm-TV. Die onderdakstoep het buitemeubels en braaigeriewe. Parkeerplek is op die perseel, reg voor die kothuis, beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Cecillie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Flamink Beach View Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kliprug Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom