Idwala Le Ingwe Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 38 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Idwala Le Ingwe Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n unieke vakansiehuis vir 12 gaste, ’n vakansiehuis vir 8 gaste en 3 luukse tenthuise vir 6 gaste op die Witwatersrandberge met uitstekende uitsigte oor die vallei en op die Magaliesburg-bergreeks. Die lodge is 5,4 km vanaf Hekpoort en 39,1 km vanaf Hartbeespoortdam.
Die vakansiehuis vir 12 is elegant versier met ’n safari-sjiek tema en bied verskeie dekke, stoepe en kuierareas met lieflike uitsigte. Hierdie huis beskik oor 6 slaapkamers, 3 badkamers, ruim sitareas, ’n ten volle toegeruste kombuis, 3 braai-areas en ’n kuierarea op die dak. Die kombuis het ’n dubbelyskas, kisvrieskas, restaurant-gasbraaiers, stoof, oondjie, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser. Die kuierarea het ’n swembad, pooltafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies. Daar is 2 kaggels en ’n braai-area binne.
Die vakansiehuis vir 8 gaste beskik oor 4 slaapkamers wat elk hul eie badkamer het, ’n sitarea wat ’n uitsig op die Magaliesburgberge bied en ’n ten volle toegeruste kombuis. Die kombuis het ’n dubbelyskas, kisvrieskas, gasstoof, groot oond en 'n mikrogolfoond. Die kuierarea het ’n pooltafel en ’n veerpyltjiebord. Die stoep het ’n ingeboude braai-area, ’n wasbak en ’n etenstafel met 10 sitplekke.
Die drie luukse tente bied selfsorgverblyf aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die leefarea het ook 'n dubbelslaapbank en die badkamer het 'n stort. Die kombuis het 'n yskas, stoofplaat, 'n mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die oopplan-sitarea en -eetarea lei na 'n balkon met 'n sitarea en uitsig oor die braai-area en die wonderlike uitsig op die Magaliesburg-bergreeks.
Gaste kan 'n sonsondergangsrit geniet wat vooraf bespreek moet word. Daar is die gemerkte Sable-voetslaanroete langsaan, asook ander roetes deur die boskampe wat gaste kan aandurf. Hartbeespoortdam is 39 km ver en daar kan gaste inkopies doen en die Harties Cableway, restaurante, slangpark, en 'n olifant- en 'n aap-bewarea besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Simon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
- Gaste dink Idwala Le Ingwe Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 38 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng