Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaaimans Deckhouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimans River Lodge, Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag, vir 16 mense

Beskrywing

Kaaimans Deckhouse is 'n selfsorghuis op die Kaaimansrivier se oewer naby Wildernis. Hierdie ongekunstelde vakansiehuis is deel van die bekende Kaaimans River Lodge en kan slegs bereik word deur die rivier te kruis.

Die vakansiehuis het slaapplek vir 16 gaste en beskik oor 5 slaapkamers op die onderste verdieping en verskeie enkelbeddens in 'n gemeenskaplike area op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die boonste area het 6 enkelbeddens en 'n sitkamerstel vir ekstra gaste op versoek en teen 'n addisionele koste per nag. Die tweede en derde badkamers het elk 'n stort en daar is 3 gastetoilette.

Die leefarea het is 'n etenstafel met stoele voor die kaggel en dit lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke, stoele en 'n platskerm-TV is. Die oopplankombuis buite op die hoofdek is met 2 kisvrieskaste, 'n gasstoof, oond, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n vuurput, 'n tafeltennistafel en buitemeubels. Hiér kan gaste die asemrowende uitsig oor die rivier en die see bewonder.

Die Kaaimans-waterval is net 15 minute se roei ver en dit maak dié huis ideaal vir natuurliefhebbers wat op soek is na 'n tikkie avontuur.

Slaapplek

’n Bespreking by Kaaimans Deckhouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 6 mense
6 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Gustav Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 3

Resensies 2

Maande gelys 12

Ligging

  • Kaaimans River Lodge, Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag, vir 16 mense
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag, vir 16 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimans River Lodge, Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82ec8a3bee09d81c852154d3730f315e102b83c7ca1ee9ebf218c46ef01b9069dee88443e805c2095a64ef2bf068c9933b1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag, vir 16 mense Kaaimans River Lodge Kaaimans River 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.9949287 22.5520385
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem