Koraalrus
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koraalstraat 74, C-Place, Jeffreysbaai, 6330 , Oos-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Koraalrus is 'n selfsorg-eenheid vir 5 gaste in C-plek, Jeffreysbaai.
Die eenheid is op die grondverdieping en is deel van die hoofhuis waar die eienaar woon. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sit-area. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en bababedjie, gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort en bad. Daar is 'n enkelbed in die leef-area vir 1 gas. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel. 'n Wasmasjien (gebruik slegs vloeibare seep) en skottelgoedwasser (gebruik slegs kapsules) is ook beskikbaar.
Gaste kan in die sitarea ontspan, waar daar 'n TV met DStv is. Dié area lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele, braaigeriewe en 'n gasbraai. Die perseel is omhein en 1 parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar.
Koraalrus is 2 km vanaf die hoofstrand en is binne 3 km van 'n rits winkels en restaurante. Jeffreysbaai het verskeie aktiwiteite soos branderplankry, swem, snorkelduik, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, voetslaan in die Kabeljous Natuurreservaat, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en gholfspeel. Gaste kan ook die Jeffreysbaai Surf Museum of die Skulpmuseum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Lucia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Koraalstraat 74, C-Place, Jeffreysbaai, 6330 , Oos-Kaap
- Gaste dink Koraalrus het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in C-Place Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koraalstraat 74, C-Place, Jeffreysbaai, 6330 , Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang