Limoncello
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bezuidenhoutstraat 21, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 177 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Limoncello is 'n selfsorg-erfeniskothuis wat as een van Sanford se eerste wonings bekendstaan, en het 'n moderne baadjie aangetrek terwyl die oorspronklike outentiek behou is. Dit bied 'n rustige wegbreek en spog met ouwêreldse elemente, 'n smeulstofie en 'n stoep met 'n suurlemoenboom wat die ideale skaduplekkie is om die uitsig op die berge te geniet.
Limoncello is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het, 2 badkamers, 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n Victoriaanse bad.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolfoond toegerus en gaste kan hul maaltye om die etenstafel en -bankie geniet. Die eetarea het ook 'n viersitplek-etenstafel met stoele en die sitarea het gemaklike sitplek. Die kothuis lei na 'n groot, sonnige binnehof en braai-area wat as 'n lekker kuierarea dien. Daar is ook 'n omsetter wat die WiFi tydens beurkrag aanhou.
Gaste kan in die rivier gaan swem, wat net 5 minute weg van die kothuis is.
Slaapplek
’n Bespreking by Limoncello sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Froula Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 7
Jare op LekkeSlaap 2
Ligging
- Bezuidenhoutstraat 21, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Gaste dink Limoncello het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bezuidenhoutstraat 21, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom