Manor House At Safari Tintswalo
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Manyeleti Reservaat, Kruger Nasionale Park, 0001, Mpumalanga
- Vanaf R37 640 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Tintswalo is 'n eksklusiewe safari lodge in die Manyeleti Natuurreservaat geleë, binne die grense van die Kruger Nasionale Park. Die Manyeleti is 'n pragtige wildreservaat wat na die ooste van die Kruger Nasionale Park uitstrek, met sy oorvloed van die Groot Vyf en skouspelagtige voëllewe.
Dié lodge het 4 verskillende tipes eenhede. 3 van die 4 eenhede het 'n privaat dek met 'n privaat plonspoel.
Tintswalo Manor House is intiem en gesellig en bied algehele privaatheid en is slegs 5 minute se ry vanaf die hoof herberg. Die groot, grasdak herehuis spog met 'n kristal-blou swembad, skadu stoep en tradisionele boma. 'n Minimum van 6 gaste word per bespreking van die herehuis toegelaat, met 'n maksimum kapasiteit van 10 gaste. OP die onderste verdieping het die herehuis 3 en-suite dubbelkamers met lugversorging. Een van die slaapkamers het 'n opsionele kinderkamer wat daarby aansluit. OP die boonste verdieping het die en suite-hoofslaapkamer 'n pragtige uitsig oor die omringende bosveld.
Na 'n lang dag se uitstappie in die bos, kan gaste heerlik ontspan in die Elan Vitál spa wat spesialiseer in behandelings vir beide mans en vrouens met 'n gekonsentreerde plant-bases produk deur Elemis, wat al jou sintuie stimuleer. Tintswalo se skedule is baie aanpasbaar en die dag se aktiwiteite word rondom gaste se behoeftes beplan. 'n Tipiese dag sou begin met 'n vroeë oggend wildrit en moontlik 'n piekniek-ontbyt. Dit sal gevolg word deur 'n al fresco middagete op die dek van die hoof herberg en genoeg vrye tyd in die middag om heerlik in die spa te ontspan. Die nagritte sluit 'n unieke en asemrowende Tintswalo skemerkelkie-ervaring in en jou dag word afgesluit met 'n kerslig-aandete.
Die Vital Source Spa is privaat geleë by die herberg en het internasionaal opgeleide terapeute wat gaste inwag.
Die reservaat is uniek as gevolg van die minimale voertuie wat rondry en bied 'n ware safari ondervinding. Safari Tintswalo Lodge is langs 'n seisoenale rivierbedding onder 'n ou sycamore boomgaard.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Caroline Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 1
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Manyeleti Reservaat, Kruger Nasionale Park, 0001, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Manyeleti Reservaat, Kruger Nasionale Park, 0001, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang