Die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika te vind en te bespreek!

LekkeSlaap

  • Lekke Pryse
  • Lekke Veilig
  • Lekke Opsies

Mooiplaas Gastehuis

 

Akkommodasie-besonderhede
Tipe:Gastehuis
Gradering: 4 Sterre
Kapasiteit:40
Prys:Vanaf R715 pp
Inkloktyd: 14:00 to 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Volmoed street, Oudtshoorn 6620
Aanvaar aanlyn betaling deur LekkeSlaap.co.za  

Daar is 'n plaas in die hart van die Karoo waar tyd stilstaan.... waar grasvlaktes die blou lug ontmoet en waar die son met 'n ontploffing van kleure oor die Swartberg-bergreeks ondergaan. Hanlie en Viljee Keller nooi u uit om die warm gasvryheid van hul luukse 4-ster Kaaps-Hollandse gastehuis, Mooiplaas (die Mooi plaas!), te geniet.

Die 16 dubbeleenhede is smaakvol versier. Hulle is ruim en luuks met groot gemaklike beddens, en suite badkamers, private sitkamergedeeltes met platskerm TVs, 'n 'eerlikheids-yskas', tee- en koffiefasiliteite, lugreeling en aparte ingange en genoegsame parkering - alles wat u benodig om te geniet en te ontspan. Gratis WiFi toegang is beskikbaar indien u u e-posse wil nagaan!

Ons het vier soorte eenhede: die 'Superior/Honeymoon Suites is by uitstek geskik vir die wittebroodspaartjie of vir 'n romantiese wegkruipplek saam met die spesiale iemand; die gesinseenhede is perfek vir gesinne met twee - drie kinders; die luukse dubbeleenhede is ideaal vir vakansiegangers en besigheidsreisigers; en daar is selfversorgende eenhede.

Begin u dag met 'n tradisionele plaashuisontbyt en beeindig u dag met 'n genotvolle braai - albei is spesialiteite by Mooiplaas. Ons sal ook ligte maaltye berei en piekniekmandjies vir u saamstel.(aandetes en ligte maaltye moet vooraf bespreek word).

Gewilde aktiwiteite by Mooiplaas is stappies, staproetes, draf, bergfietsritte, en die swembad.
Moenie 'n private besoek aan ons volstruisplaas misloop nie. U sal daar baie interessante feite oor die volstruis en die beroemde vere-industrie leer. Kom baie naby aan hierdie eienaardige voels en voel die opwinding wanneer u sien hoe 'n kuiken sy weg na sy nuwe wereld ooppik.

Mooiplaas is ideaal gelee. Dit is in die rustige landelike omgewing, maar slegs 10 km vanaf Oudtshoorn wat veel aanbied om te doen en te sien. Dit is die wereld se hoofstad van volstruise, naby die beroemde Kangogrotte, en indien u nou vir avontuur, sport, kultuur op die uitkyk is, of net wil ontspan en die suiwer vrede van die landelike omgewing wil geniet - u sal dit hier vind!


Geriewe
ADSL-lyn
Lughawe-pendeldiens Op Versoek
Kinderoppasser Op Versoek
Swembad
Gratis WiFi
Wasgoeddiens
Persoonlike Kluis
Satelliet-TV
Selfsorg
Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op Perseel
Fietsry
Begeleide Wandelpaaie
Bergfietsroetes
Swem

Maaltye Aangebied
Ontbyt
Aandete Op Versoek
Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek
Veilige Parkering

Hier Praat Ons
Afrikaans
Engels

Mooiplaas Gastehuis