Oceanic
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 000R1 700 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Oceanic is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Elandsbaai aan die Weskus en bied direkte toegang tot die strand, 'n asemrowende uitsig oor die see en op die Bobbejaanberge vanaf al die slaapkamers, en is naby winkels en restaurante geleë.
Al die kamers het 'n see-uitsig en plafonwaaiers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie gaste deel 'n badkamer wat 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas met 'n ingeboude waterhouer, mikrogolfoond, wasmasjien, vrugteskommelmaker, eetgerei, breekware, potte en braaitoebehore toegerus. Daar is 'n wasgoedlyn buite met wagoedpennetjies, 'n strykyster en strykplank.
Die leefarea het gemaklike rusbanke, dakwaaiers, 'n slim-platskerm-TV met Netflix en die volle DStv-pakket, 'n etenstafel met genoeg sitplek, 'n kaggel en buite braai-area.
'n Dompelkoffiepot en 'n stoofketel is beskikbaar vir koffie tydens beurtkrag. Daar is ook herlaaibare flitse in elke kamer en die kombuis.
Die sitarea en die stoep-areas bied ononderbroke uitsigte oor die see en op die Bobbejaanberg. Daar is ook 'n etenstafel en stoele waar gaste die uitsigte kan geniet.
Daar is oorgenoeg speelplek en parkeerplek vir voertuie en waentjies. Daar is ook 'n alarmsisteem. Die huis is 400 m vanaf die hoofstrand, restaurante, winkels, museum en die plaaslike kroeg.
Elandsbaai is 'n gewilde kusdorpie en bekend vir fantastiese branderplankry-geleenthede, die natuurwonders van Verlorenvlei, riviermond en die skoon, ongerepte strand wat kilometers ver strek.
Slaapplek
’n Bespreking by Oceanic sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Michele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Jare op LekkeSlaap 1
Ligging
- Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Gaste dink Oceanic het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Elandsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom