Rus 'n Bietjie
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stil 'n Bietjie is in Suiderstrand en bied gehalte-verblyf vir 'n paartjie of 'n klein gesin. Die gerieflike selfsorgwoonstel is volledig toegerus en het slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Dit is in die Agulhas Natuurreservaat geleë en is net 400 m van die pragtige strand af.
Verblyf word gebied in 2 eenhede.
Stil 'n Bietjie het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 2 ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n etenstafel vir 6, 'n stoof, skottelgoedwasser, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die ruim leefarea het 2 gemakstoele, 2 banke en 'n TV met DStv. Die leefarea het 2 enkelbeddens en 'n bedkassie. Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met braaigeriewe. Die woonstel het 'n aparte ingang en skaduparkeerplek.
Kyk 'n Bietjie het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n ingeboude kas en 'n en suite-badkamer met ovaal bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n etenstafel vir 2, stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die ruim leefarea het 2 gemakstoele en 'n TV met DStv. Die leefarea lei na 'n dek met 'n mooi see-uitsig.
Daar is voetslaanroetes en bergfietsroetes vir meer aktiewe gaste en gaste kan ook die verskeidheid fynbos, voëllewe en kleinwild aanskou. Daar is ook visvanggeleenthede nabygeleë. Besienswaardighede sluit 'n sigbare skeepswrak en een van die oudste vuurtorings in die land in. Gaste kan ook die vuurtoring se trappe om die asemrowende uitsig te aanskou. Nog 'n gewilde besienswaardigheid is die mees Suidelike punt van Afrika.
Gaste wat minder aktief is kan lees, bordspeletjies speel of legkaarte bou.
L'Agulhas is die naaste dorp aan Suiderstrand en is 6 km weg. Dit is die mees suidelike dorp in Afrika. Daar is 'n spa, geskenk- en kruidenierswinkels, eksklusiewe restaurant, koffiewinkels en verskeie kunsgalerye.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Steve Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 68
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Suiderstrand Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang