Seebries 15
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seebrieslaan 15, Paradysstrand, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
- Vanaf R8 280 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Seebries 15 is in die prentjiemooi plekkie Paradysstrand teenaan die see geleë. Die uitsigte is asemrowend met die branders en strand wat jy sien, ruik en hoor.
Verblyf word aangebied in 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer bied 'n pragtige uitsig oor die see en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede kamer het 'n koninggrootte-bed en die derde kamer 'n dubbelbed. Die 2 kamers maak gebruik van 2 badkamers wat beskik oor 'n stort en 'n bad. Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die vyfde kamer is ingerig met 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg met 3 yskas-vrieskaste, elektriese oond en broodrooster. Die aparte opwaskamer beskik oor 2 wasmasjiene, 'n skottelgoedwasser en 'n gasstoof. Die kombuis is volledig toegerus met 'n groot verskeidenheid breekware, bakke, potte en panne. Die ruim sitarea het 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler.
Die leefarea maak oop op die braai-area, wat lei na 'n groot patio met lieflike see-uitsigte. Die braai-area het ook 'n TV met volledige DStv en daar is 'n trap wat lei na 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en veerpyltjiebord. Die speletjieskamer bied ook 'n 180°-uitsig oor die see. Al die vertrekke is groot en ruim, en dus is gaste se verblyf baie lekker by Seebries 15. Seebries 15 word altyd in 'n perfekte, skoon toestand aan gaste verhuur.
Seebries 15 is teenaan die pragtige strand, waar gaste kan ontspan, gaan swem, gaan stap, visvang of branderplankry. Jeffreysbaai is net 6 km ver en bied 'n keuse van restaurante, winkelsentrums en besienswaardighede insluitend die Dolfynstrand Vermaaksentrum en die African Dawn Wildbewarea.
Seebries 15 het ook 'n alarm, omsetter en 'n battery en 3 watertenks. Daar is parkeerplek vir 5 voertuie op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Barend Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Seebrieslaan 15, Paradysstrand, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
- Gaste dink Seebries 15 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paradise Beach Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seebrieslaan 15, Paradysstrand, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang