Sherwood's Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Agatha-berge is die tuiste van Sherwood's Country House,'n Victoriaanse huisie sowat 13 km buite Tzaneen in die Limpopo Provinsie geleë. Stilte en rustigheid word gewaarborg.

Daar is 7 en suite-kamers: 3 standaardkamers, 2 klassieke kamers en 2 luukse kamers.

Sommige kamers het kaggels en privaat stoepe. Alle kamers het koffie- en teefasiliteite, en suite-badkamers (bad en stort of bad of stort), satelliet-TV en meer. Tee word in die gazebo bedien.

Ontspan by die swembad op lekker warm somersdae. In die winter is die kaggels 'n gesellige bederf. 'n Ten volle gelisensieerde kroeg is beskikbaar. Aandetes met vasgestelde spyskaartopsies word in die eetkamer bedien. Ontbyt word bedien met vars plaasprodukte.

Ons is een uur se ry vanaf die Kruger Wildtuin. Dagbesoeke aan die Kruger Wildtuin kan gereël word.

DINGE OM TE DOEN EN SIEN!

Daar is verskillende skilderagtige wandelpaaie:

* Tot by Kings Walden-tuin.
Jy het die keuse om van Sherwood's te stap of 'n kort rit te neem na die ingang. Die formele tuin wat deel uitmaak van die botaniese roete in die omgewing, is pragtig.

* 'n Voëlkyk-roete deur die inheemse woud om die dam by Sherwood's.

* 'n Aandroete om die hoofhuis.

Voëlkyk-entoesiaste sal hopelik bederf word met 'n groot verskeidenheid voëls insluitende die reuse-, dwerg-, bosveld- en kuifkopvisvangers, die bloukuifloerie, 'n verskeidenheid houtkappers, suikerbekkies, wielewale en selfs roofvoëls soos die ooruil, bosuil, en die breëkoparend, wwartarend en verskillende soorte valke.

Kleinwild in die omgewing sluit in die bosvark, bosbok, ystervark, meerkat, Afrikaanse siwet, muskeljaatkat, blouapies, een van die twee rare samango-ape of miskien hoor jy die blaf van die charma-bobbejaan van naby.

Die Rooikat Wandelpad is 'n pad van 1,5 km van Sherwood's tot by die nuwe Agatha Bosboustasie. Dit is 'n staptog wat jou lei deur beide inheemse en kommersiële woude in 'n bergagtige omgewing. Die pad eindig aan die onderkant van die vallei in 'n pragtige deel waardeur die "Bob's River" vloei. Verfrissende en helder water vloei in groot rotspoele met watervalle en verskaf die ideale omgewing vir 'n piekniek (voorberei op aanvraag deur Sherwood's). Geniet 'n luilekker sonnige middag in die water met ongerepte privaatheid.

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Visvang
  • Kunsvlieghengel
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Perdry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Forelhengel
  • Wynproe

Algemene geriewe

  • Kroeg
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Kamerbediening
  • Tee

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Veilige Parkering

Kaart

Meer oor die omgewing

Vanaf R415 per persoon

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za