Simplicity 2
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 66, L'Aghulas, 7285, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 000R3 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Simplicity 2 is 'n ruim selfsorghuis in L'Agulhas en dis die ideale verblyf vir 'n gesin of groep vriende vir 'n onvergeetlike vakansie. Dis net 'n entjie se stap vanaf die strand.
Die verblyf is geskik vir 10 gaste en bestaan uit die hoofhuis en 'n aparte woonstelletjie. Die hoofhuis beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die vyfde en sesde slaapkamer het elkeen 'n driekwartbed. Gaste in dié slaapkamers deel die ander 2 badkamers met 'n bad en 'n stort of net 'n stort. Linne word voorsien en gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n binnebraai en 'n slim-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan op die stoep met 'n ingeboude braai, vuurput en oorgenoeg sitplek ontspan. Daar is ook 'n wasmasjien en parkeerplek op die perseel vir ekstra gerief.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Jeanne Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 41
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Hoofweg 66, L'Aghulas, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Simplicity 2 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 66, L'Aghulas, 7285, Wes-Kaap