Suid-Afrika is divers.” Ons het hierdie stelling al soveel keer gehoor, maar ons het nooit besef hoe waar dié stelling is voor ons op ʼn kiekie-toer gegaan het om uit te vind hoeveel plekke in Suid-Afrika die spieëlbeelde van bestemmings in ander uithoeke van die wêreld is nie. Jy sal verbaas wees!

1. Miami – Durban

Miami se Art Deco-geboue, palmbome, eindelose, sonnige dae en tropiese waters kan aan Durban se kus beleef word. 

2. Piva Canyon – Blyderivier-canyon

Die bekende Piva Canyon in die Montenegro Nasionale Park lyk op ʼn druppel soos die Blyderivier-canyon in Mpumalanga

3. Sub-Sahara – Karoo

Ons mag dalk nie die eindelose duine van die Sahara hê nie, maar die Karoo het ietsie van die Sub-Sahara se bossieveld.

 

Saharan Landscape

4. Die Groot Koraalrif – Sodwanabaai

Waarom jou neseier oopkraak om in Australië te gaan skubaduik, as Sodwanabaai in Kwazulu-Natal een van die top duikbestemmings in die wêreld is?

 

Fish Swimming around Sea Anemones on Great Barrier Reef Australi

5. Franse Wynlande – Kaapse Wynlande

Ons mag dit nou dalk nie “sjampanje” noem nie, maar ons eie Methode Cap Classique is net so goed!

Vivid Colors Of Vineyards

6. Die Blouberge – Mpumalanga

Die gras is nie altyd groener en die berge is nie altyd mooier aan die anderkant van die see nie. Pinnacle Rock in Mpumalanga is enige dag net so inspirerend soos die Drie Susters in Australië se Blouberge.

Three Sisters

Pinnacle Rock, Mpumalanga, South Africa

7. Lama Tempel (Beijing) – Na Hua Tempel (Bronkhortspruit)

As jy jou kulturele horisonne ‘n bietjie wil verbreed, besoek gerus die Nan Hua Boeddhistiese

Tempel in Bronkhortspruit. Dit is die grootste Boeddhistiese tempel in die Suidelike Halfrond. 

 

Nan-Hua-Buddhist-Temple-Bronkhorstspruit-Ivan-Fourie-flickr

8. Nakuru Meer – Kimberley

Kenya se Nakuru Meer is die tuiste van duisende pienk flaminke, maar ʼn soortgelyke skouspel kan by Kamfersdam in Kimberley aanskou word. 

 

Flamingoes-Kimberley-By-Winston67(Flickr)

9. Assateague-einland – Botrivier strandmeer

Assateague-eiland aan Maryland se kus in die VSA is die tuiste van meer as 100 wilde ponies. Op eie bodem is daar 25 wilde perde wat wei tussen die duine van Botrivier se strandmeer in die Overberg.

 

10. Alaska – Drakensberg

Sneeu is algemeen in die Drakensberge en hier is dit nie nodig om Alaska se eindelose dae of nagte deur te maak nie.

 

11. Angel Waterval – Tugela Waterval

Met ʼn hoogte van 979 m is die Angel-waterval in Venezuela die wêreld se hoogste ononderbroke waterval, terwyl die Tugela Waterval in die Drakensberg met sy hoogte van 948 m en 5 bergpoele waarin jy kan spring, die wêreld se tweede hoogste waterval is.

Drakensberg mountains in South Africa

 

12. Shanghai – Johannesburg

As die groot stad se miljoene verblindende liggies jou betower, kan Johannesburg maklik as ʼn plaasvervanger vir ander groot stede soos Shanghai dien. 

13. Elanvallei – Haenertsburg

Verkies jy die stiller lewe buite die stad? Haenertsburg se luisterryke landskappe kon net sowel in Wallis se Elanvallei gewees het.

14. Monaco – Kaapstad

Luukse seiljagte, peperduur woonstelle en boetiekwinkels met stewige pryse is sinoniem met Monaco, maar die V&A Waterfront in Kaapstad is net so ʼn lekker speelplek vir die rykes. 

15. Mykonos – Lagebaan

Ervaar ʼn tikkie Griekeland in die ouwêreldse kusdorpie genaamd Langebaan, veral by Klub Mykonos. 

16. Nieu-Seeland – Wilderness

Die woude, berge en waterweë wat Nieu-Seeland so ‘n aantreklike bestemming maak, is nét so mooi in Wilderness op die Tuinroete

17. Vietnam – Weskus

As vissersdorpies jou bekoor, sal jy mal wees oor die die kleurvolle bootjies wat op die strande van Ly son-eiland in Vietnam lê. Paternoster aan die Weskus is beslis dan ook gemaak vir jou.

Met soveel ongelooflike plekke om te sien, is jou volgende “oorsese” vakansie dalk sommer net hier in Suid-Afrika!

Weet jy dalk van ander plekke in Suid-Afrika wat spieëlbeelde is van bestemmings oorkant die water? 

Het jy enige ander voorstelle van Suid-Afrikaanse plekke wat na bestemmings van om die wêreld lyk? 

Hierdie blog-inskrywing is deur Desiree Haakonsen geskryf en deur Adean van Dyk vertaal en aangepas.