Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy/sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek?

Wel, LekkeSlaap het goeie nuus vir jou … ons weet van troeteldiervriendelike akkommodasie in elke liewe provinsie! Vandag het ons 10 lekke blyplekke in Noordwes uitgesonder om jou en jou woef van ’n vreedsame vakansie saam te verseker.

Salem

Salem Farmhouse is ’n huis met ’n gesellige, plattelandse atmosfeer en is ideaal vir gesinne, paartjies of vriende. Hier sal jy ’n pragtige kombinasie van bosveld en ’n tikkie nostalgie ontdek. Gaan stap, ry fiets of perd of swem in die lekker plaasdam ‒ of ontspan eenvoudig op die ruim veranda.

b4867a643ce919b4696d7492dec488d01bf603c21392911297835-horz

0e943432a208572a72512081544d8318c50abca61392916413457-horz

b4867a643ce919b4696d7492dec488d01bf603c21392912105750-horz

Kliek hier vir meer inligting!

kleinklip1

Kleinklip se selfsorgverblyf is ideaal vir ’n groot familiebyeenkoms of gesinne en vriendegroepe van 4. Die lieflike braaiplek onder die sterre en gerieflike lapa skep lekker kuierruimtes waar jy sommer oor die wild kan sit en uitkyk. Daar is oorgenoeg plek vir jou troeteldier om homself/haarself gate uit te geniet!

91afb272a5ece118d242a84beb07fe699ec2470c1423735765735-tile

3fda9a419879bc97a25c8330c597563884a87d011423736195244-tile

e0b798e1bb6fb6e135f2bfe710672c37afe61f4d1423740069536-tile

Kliek hier vir meer inligting!

pumbas1

Pumba’s B&B bied vir enige reisiger ’n rustige, ontspanne wegbreek. Soggens kan jy salig aan jou ontbyt smul in die pragtige, grasgroen tuin terwyl jou brakkie op die gras baljaar. Saans kan jy ’n gesellige braaivleisvuurtjie aansteek of sommer ’n draai gaan maak by die restaurant op die perseel.

aac54483a45b0d525609f4bc77744b8256051f511412709316676-horz

7a156444c77a6aacbbfffd4c82f8d36dbefc7dc41412707969824-horz

aac54483a45b0d525609f4bc77744b8256051f511412707744165-horz

Kliek hier vir meer inligting!

tapologo1

Tapologo Lodge is ’n uitstekende keuse vir ’n wegbreeknaweek, weg van die stad se gejaag en geraas. Die restaurant, kroeg en swembad verseker dat jy nie ver hoef te ry vir ’n lekker kuiertjie saam met familie of vriende nie. Jou hondemaat sal al te lekker in die groot tuin kan speel of ontspan.

b859a6a6398ea90c9f7da67b137458ecf642106d1394025521876-horz

b859a6a6398ea90c9f7da67b137458ecf642106d139400395559-horz

0a8d415f2616aa125098245c8cb75362b0f2be911394004634839-horz

Kliek hier vir meer inligting!

prickly

By Prickly Pear voel jy (en jou hondjie) so tuis soos by jou eie huis. Die gastehuis het verskillende gastekamers en ’n selfsorg-eenheid om van te kies. Die perseel is veilig ommuur en het ’n veiligheidshek, so jy sal jou nie oor jou beste vriend/in hoef te bekommer nie. Daar is selfs ’n spesiale kraan en drinkplekkie vir hom/haar.

8fc481a0a7133a5c4d26d8228ed3144eb23ed6cc1395052914588-horz

8fc481a0a7133a5c4d26d8228ed3144eb23ed6cc1394184209646-horz

1af888c41747721f4bb10a18b27f07bd413114111394184387643-horz

Kliek hier vir meer inligting!

belle vue1

By Belle Vue kan jy nie net gerieflike verblyf of ’n gesellige atmosfeer verwag nie, maar ook asemrowende uitsigte oor die dam wat jy vanaf jou balkon kan sit en bewonder. Daar is ook ruim stoepe waar jy rustig met jou hondekind aan jou sy kan sit en teug aan ’n skemerkelkie.

0e6443a2ed95d902c9085e9d296aa1e782c1c5f41415793186635-horz

0dbcf1d2b511f255ff05fac577bc2f78355c619a1415792092269-horz

0dbcf1d2b511f255ff05fac577bc2f78355c619a1415788353741-horz

Kliek hier vir meer inligting!

1 - Copy (2)

A Tapestry Garden Guest House spog met smullekker maaltye en ’n sprokiesagtige tuin! Die gazebo en stoep skep gesellige kuierruimtes vir ’n familie of vriende en die privaat swembad in die welige tuin is ’n lafenis in die hitte. Terwyl julle sit en kuier sal jou brakkie elke hoekie en draaitjie van die groot, privaat tuin kan verken.

668700785a7fd5b364cdf8c232cc17fab74f2c3a1421853224658-horz

668700785a7fd5b364cdf8c232cc17fab74f2c3a1358858393303-horz

4741a95b4eb09edaf151ffeda31eced64cf485fe1410870514718-horz

Kliek hier vir meer inligting!

kings1

Luukse akkommodasie, sentrale ligging, privaatheid, maksimum gerief en ’n heerlike buffet-ontbyt ‒ wat meer wil jy hê? By The King’s Chateau kan jy in die somershitte saam met jou woef langs die swembad ontspan en in die winterkoue kan julle snoesig voor die kaggel sit. Die perseel is uiters privaat en gerieflik ‒ vir jou en jou beste vriend!

251e9e3c8d59f2d8ebf06a0bce0b9a3d95aac2fc1372845027786-horz

fda76b942eed1ec347d868d64f0a5bb323ae27fd1372845244537-horz

e3f5401b88c82068413aeb89ecbb588c3918b99e1372844769863-horz

Kliek hier vir meer inligting!

bietjie vrede1

Bietjie Vrede is nog ’n lekker bestemming vir ’n groot groep vriende of familie wat lekker om ’n braaivleisvuur of boma wil sit en kuier. Daar is ook ’n swembadjie as jy bietjie wil afkoel en verder ’n reuse verskeidenheid aktiwiteite in die omgewing, soos fietsry, wildritte, visvang, perdry en wandelpaaie. Dink net hoe lekker sal jou brakkie balspeel in dié ruim agterplaas!

6f977b0eabd26d191149cb6f31656c283de7c2ea1420695857514-horz

6f977b0eabd26d191149cb6f31656c283de7c2ea1420697130252-horz

927df097945a55f560d69eab1271fa489aa230771415950827230-horz

Kliek hier vir meer inligting!

kings

Dié lieflike rietdak-gastehuis bied stil en rustige verblyf teen sakpas-tariewe! Die lekker lapa en lowerryke tuin is ideaal vir ’n braai of piekniek waar jy na hartelus kan kuier, eet en ontspan en jou vierpotige maat net so lekker saam met jou kan vakansie hou. Na ’n dag se visvang, swem, tennisspeel of luilekker ontspanning kan jy op die balkon sit en die sonsondergang in die hartjie van Noordwes sit en bewonder.

8657e88010d09368ff909369368d91b2f452858e1392898374666-horz

b09c467ccca03a7255e80804b2b6f7c9c7eca2f61409302841205-horz

8657e88010d09368ff909369368d91b2f452858e1392892210356-horz

Kliek hier vir meer inligting!

Dís mos hoe ’n hond lyk wat met vakansie is! Verbly jou hondevriend se hart en vat hom volgende keer saam met vakansie. Reël net vooraf met die eienaar as jy jou woef gaan saamneem. Hou ons blog dop vir troeteldiervriendelike akkommodasie in ander provinsies.

Alle foto's van akkommodasie afkomstig van instansies se profiele op www.lekkeslaap.co.za 
Hooffoto: Eddy Van 3000 op Flickr.