94onWild
Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wild 94, Newlands, Pretoria / Tshwane, 0081, Gauteng
-
Vanaf
R720R612 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dié selfsorgwoonstelle is op een van die Newlands se heuwels geleë met lieflike uitsigte oor die oostelike deel van Pretoria. Dit is stapafstand vanaf winkels soos Woolworths en Spar en 'n kort entjie se ry van die Menlyn Winkelsentrum af.
94onWild bied moderne en bekostigbare woonstelle wat ten volle gemeubileer is. Die woonstelle het elkeen 'n slaapkamer, kombuis, sitarea en badkamer. Elke eenheid is heeltemal privaat. Gaste kan op ons staatmaak om hulle die perfekte verblyf te bied gedurende hul wegbreek na Pretoria.
'n Gautrein-bushalte is minder as 850 m se stap ver. Toegang tot die N1-hoofweg via die Garsfontein-afrit is minder as 1 km ver. Die Kloof Hospitaal, die Country Club, Virgin Active, verskeie skole en universiteite is minder as 'n 10 minute se ry van die eenhede af. Brooklyn Mall, die Menlyn Winkelsentrum en Menlyn Maine is ook almal minder as 5 km ver.
Elke woonstel is ten volle gemeubileer en beskik oor 'n en suite-badkamer, 'n aparte kombuisie en 'n buite-leefarea. Groottes wissel van 35 m² tot 50 m² en dit sluit die buite-area uit. Veilige parkeerplek is onderdak beskikbaar. Die perseel is omhein met 'n elektriese heining en 'n afstandbeheerde sekuriteitshek, en daar is 'n opsigter op die perseel.
94onWild bied gaste 'n vriendelike, Suid-Afrikaanse ervaring met privaatheid en ruimte om jou verblyf net nog meer aangenaam te maak.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Moses Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 51
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Wild 94, Newlands, Pretoria / Tshwane, 0081, Gauteng
- Gaste dink 94onWild het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Newlands Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wild 94, Newlands, Pretoria / Tshwane, 0081, Gauteng