Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.2 out of 5 based on 1540 reviews.
"Dis baie lekkerder vir ons by die kleiner strande soos Manaba, Uvongo en Lucien. Margate raak soms net te besig."
"Lekker plek om rustig te gaan vakansie hou, mooi strand om te gaan stap, maar ongelukkig nie dierevriendelik in die dorp nie. Munisipale verval is in verskeie plekke sigbaar."
"Margate self is nie meer wat dit voorheen was nie, maar Ramsgate vir wat ons wil hê in 'n wegbreek is tops."
"Die probleem met die infrastruktuur in die area is problematies! Mense kom hoofsaaklik om te swem en 'n vars vis te vang maar met geslote strande, riskante drinkwater en vars vis is dit nie meer so lekker op die Suidkus nie."
"Rustige omgewing. Baie skoon en netjies. Vriendelike mense en pragtige natuur."
"Junie/Julie-skoolvakansie is 'n goeie tyd om Margate te besoek. Daar is 'n lekker atmosfeer en die strande is nie toegepak met besoekers nie."
"Daar was by sekere strande die riool probleem, maar het dit geniet om van strant tot strant te ry en by 'n hele paar lekker familie plekke geëet en gekuier."
"Ons vermy Margate CBD. Persoonlike gevoel. Baie ander puik winkelsentrums in onmiddelike omgewing wat alles bied."
"Die besighede kry swaar. Baie het reeds toegemaak. Geen aktiwiteite vir kleuters/kinders soos in die verlede nie."
"Margate se paaie het so bietjie werk nodig. Met die reën sukkel hulle nog om dit op standaard te kry. Alhoewel die pier is baie mooi reggemaak en ons kon lekker visvang daar."
"Margate se gewildheid het afgeneem, maar die werk van Tidy Towns dra positief by om weer vakansiegangers te lok."
"Dit was my eerste keer by die see en ek moet sê ek het dit baie geniet en sal beslis weer teruggaan."
"Margate really impressed us with all the hard work Tidy Towns have put into this amazing place. These are some of the best beaches in the world. Ramsgate and the Waffle House stay a favourite and we never leave without visiting The Crayfish Inn and Tom Dick and Harry for the best food in town. Love this piece of paradise!"
"Margate het beslis agteruit gegaan vandat ons die vorige keer daar gekuier het. Paaie het baie potholes, veral nie baie geskik vir motorfietse nie."
"Shelly Beach is still worth visiting. The beach is awesome. There are two malls."