A'marula Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 65, Boesmansrivier, 6190, Oos-Kaap
- Vanaf R775 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
A'marula Cottage is 'n knus en smaakvolle selfsorgkothuis op die bestuurder se perseel in Boesmansrivier. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek aangesien dit stapafstand van die rivier af is.
Die kothuis het 'n aparte ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 4 stoele en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en daar is ook privaat braaigeriewe. Die kothuis is 'n kort entjie se ry vanaf Kenton en gaste kan ook met laaggety 2,5 km strandlangs stap na Kwaaihoek. Indien gaste slegs 2,5 km verder stap sal hulle Diaz Cross van die Boesmansriviermonding af bereik.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jo Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hoofstraat 65, Boesmansrivier, 6190, Oos-Kaap
- Gaste dink A'marula Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bushmans River Boesmansriviermond Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 65, Boesmansrivier, 6190, Oos-Kaap