Carlana Holiday Accommodation
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moffat-weg 55, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R600R450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Carlana Holiday Accommodation is in die hartjie van Bela-Bela, een van die gewildste toeristedorpies in die land. Ontspan in ons pragtige tuine, lê luilekker langs die swembad of stap na die wêreldbekende warmwaterbron oorkant die pad by Forever Resorts Warmbaths.
Hierdie luukse selfsorg-chalets is ingerig met alles wat jou nodig het, en dit is ideaal vir besoekers wat al die fantastiese besienswaardighede in die omgewing wil besoek. Elke chalet het 'n volledig toegeruste kombuis, lugversorging, platskerm-TV met DStv-toegang, WiFi en 'n privaat stoep met 'n ingeboude braai. Daar is puik geriewe op die perseel, soos 'n sprankelende swembad en 'n speletjieskamer. Klop gerus ook aan by ons spa vir 'n massering of 'n gesigbehandeling.
Jy sal nooit verveeld wees hier nie: gaan ry bergfiets, gaan op 'n olifant-avontuur, waterski op die dam, besoek die wildpark en veel meer. Dan is daar ook nog die Mabalingwe Natuurreservaat, Loebies Roofdierpark, Thaba Kwena Krokodilplaas, Waterberg Zipline en 'n hele paar uitstekende restaurante.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Ana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 113
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Moffat-weg 55, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Carlana Holiday Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moffat-weg 55, Bela-Bela, 0480, Limpopo