Golden Mile
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golden Mile-boulevard 86, Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R8 500 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Golden Mile bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse dubbelverdiepinghuis in Britanniabaai. Die huis is reg op die strand geleë en ideaal vir gesinne en groepe vriende.
Dié huis is vir 14 gaste geskik en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers en 2 ekstra slaapkamers met aangewese badkamers. Die 3 en suite-slaapkamers het elk 'n dubbelbed, die vierde slaapkamer het 3 stapelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 en suite-badkamers wat elk 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het en die ander en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Een van die badkamers wat gedeel word het 'n bad, toilet en 'n wasbak en die ander aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne, badhanddoeke en die nodige toiletware word voorsien.
Die huis spog met 'n groot oopplan-leefarea wat 'n kroeg, sitarea met 'n kaggel, kombuis, eetarea en 'n speletjieskamer buite insluit. Die oopplankombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n slim-TV met sekere DStv-kanale en WiFi in die sitarea.
Gaste kan die baai verken en dan terugkeer na dié rustige huis met 'n pragtige grasperk, tuin met blomme en bome en 'n seefront-stoep met 'n braai-area en 'n swembad. Die stoep spog met 'n uitsig oor die Weskus-sonsondergang en besige voëllewe, en gaste kan selfs 'n walvis of dolfyne in die baai gewaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Short Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Golden Mile-boulevard 86, Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
- Gaste dink Golden Mile het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Britanniabaai St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golden Mile-boulevard 86, Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom