Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jack's Place

  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Jack's Place is 'n opgeknapte plaashuis naby Bredasdorp in die lieflike Overbergstreek. Die huis is in 'n omheinde kamp geleë waar elande, springbokke en sebras wei.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 ruim slaapkamers waarvan die eerste een 'n dubbelbed en die ander 2 elk 2 enkelbeddens het. Twee ekstra gaste kan op die slaapbank in die sitarea slaap. Die huis het 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en die ander een met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet.

Op die voorstoep is daar braaigeriewe en 'n asemrowende uitsig. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea is die perfekte plek om met 'n boek te ontspan of 'n program op die TV met DStv te kyk.

Voertuie kan in die huis se oop motorhuis parkeer.

Bergfietsryers kan die sirkelroete van ongeveer 15 km aandurf, voëlkykers kan tot 75 voëlspesies, insluitend die visarend, gewaar en die kinders kan in die rivier swem, tjoepry en met 'n kano vaar. Die huis is net 9 km vanaf Bredasdorp en dié dorp spog met uitstekende restaurante en 'n rits winkels vir gaste om te besoek. Maak gerus 'n draai Kapula Candles, Julians Restaurant, Bredasdorp Square en die Lifestyle Centre. Jack's Place is ook net 45 km vanaf die De Hoop Natuurreservaat en die pragtige kusdorpie Arniston is net om die draai.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet
Badkamer 3

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 40 resensies vir Jack's Place
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 119

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jack's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65c30b42de9aa0275672579113870d3181661cae58874fcfb9440df2de7223b7a802624cbd1ac561a8dd5322232af4313fc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8) 40 5 1 5 Rhenosterfontein Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.495628158228 20.120298564434
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem