Tides 22
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 90, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Tides 22 is 'n pragtige woonstel met 'n strandtema en 'n rustige atmosfeer in Struisbaai. Die selfsorgwoonstel is vir 4 gaste geskik en is ideaal vir 'n gesin. Tides 22 is op die tweede verdieping.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitarea en 'n balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n induksieplaat, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n etenstafel en 'n TV. Die glasdeur lei na 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die buurt.
Struisbaai se hoofstrand is die ideale plek vir watersport soos kajakvaart, bootritte, branderplankry, lyfplankry, visvang en sweefski. Gaste kan ook skulpies optel, op die strand wandel en walviskyk.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 122
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Proteaweg 90, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 90, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom