+17

Cape Collection - Hibernian Towers 1502

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Hibernian Towers 1502 is in Strand, Kaapstad en bied gehalteverblyf aan sakereisigers, vakansiegangers en oornaggaste. Dis naby verskeie winkels, restaurante, stranddoendinge en besienswaardighede.

Die ruim woonstel op die 15de verdieping het lugversorging en 'n pragtige uitsig. Dit beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde kamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vierde kamer het 2 driekwartbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV wat met die internet verbind is. Gaste kan hulle eie Netflix- en Showmax-rekening gebruik. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig en gasbraaigeriewe.

Daar is veilige kelderparkeerplek op die perseel.

Hibernian Towers bied meer as net verblyf. Daar is binnehuise swembad, restaurante, spa, skoonheidsalon en 'n geriefswinkel. Die woonstel is oorkant die strand.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Franco V
Besigheidsreis
5.0
Ons het heerlik gebly, sal die plek definitief aanbeveel. Heerlik gebly, die uitsig was amazing. Die plek is baie mooi.
Nov 2025
Chrrisie L
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful. I enjoyed my stay. The place was clean and the host was very welcoming.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Cecil V
Saam met vriende
5.0
Beslis 'n plek wat ek sal by bly. Ons het baie lekker gebly, sal net paar fleece blankies dalk ekstra in die eenheid kry. Die leefvertrek is nogal koe...
Sien meer
Okt 2024
Elizma K
5.0
Our stay was fantastic. Our stay was fantastic! Views all around.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Twanette D
Gesin met tieners
5.0
Rêrig heerlik gebly en sal definitief weer hier bespreek. Pragtige uitsig regoorkant die strand, kombuis goed toegerus vir 8 mense met lekker koffiema...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Inge Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 97

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Collection - Hibernian Towers 1502 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA568cc30873040d8757f33a9798938770c49db50c8a4cd622330a6b73f5c6951292cb073a061b547195e76630180ba743251e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 16 5 1 5 Beach Road Hibernian Towers 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.1139508 18.8230286
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang