+86

Mabalingwe Elephant Lodge

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk.
Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed in elke eenheid. ’n En suite-badkamer met ’n stort in eenheid A en B, 'n toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n slim-TV. Daar is DSTV, Showmax, Netflix en YouTube op beperkte data beskikbaar en daarna vir gaste se rekening.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die eenhede het elk hul eie aparte, privaat boma.

Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.

Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 262 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hannes D
Saam met lewensmaat
5.0
Bitter lekker en ontspannend. Die geld werd. Baie lekker gebly en ons het dit vreeslik geniet. Die plek was netjies en mooi skoon, asook die reservaat...
Sien meer
Nov 2025
Judene M
Saam met lewensmaat
5.0
Bederf in die Bosveld. 'n Wonderlike week van rus in die Bosveld, by eenheid Tlou 260B. 'n Baie netjiese, goed versorgde eenheid met alles wat jy nodi...
Sien meer
Nov 2025
Ernest T
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie lekker en sal weer terugkom! Ons het baie lekker gebly. Als was netjies en gemaklik. Yolanda was gereeld in kontak met ons en selfs gehel...
Sien meer
Nov 2025
Lucinda V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige lekker kuier. Was 'n baie lekker rustige naweek gewees. Sal vir seker weer gaan en boek by Elephant Lodge, daar was niks in die plekkie wat ge...
Sien meer
Nov 2025
Dawie M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet, was ons eerste stop vir 25 jaar huweliksherdenking en Yolanda het. Baie geniet, was ons eerste stop vir 25 jaar huweliksherdenking en Yol...
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 282

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d656ee472257e29718c93ea26a7eb16c54077631616acc99bc2a548307ae64e181d5f9068ed0d59d9e9f91418bd63f52bd6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 262 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516, Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.822157740712 28.062489263907
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang