Warwick Beach Home
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Warwick Road, West Beach, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
- Vanaf R5 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Warwick Beach Home is 'n bekoorlike selfsorg-eiendom in West Beach wat naby Bloubergstrand is. Dit is naby besienswaardighede en geriewe en is die ideale opsie vir gaste wat 'n prettige kustoevlugsoord soek.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping en 'n woonstel op die onderste verdieping. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort of net 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort. Die woonstel het 'n aparte ingang, tuin met braaigeriewe en 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n toonbank met kroegstoele toegerus. Die woonstel het ook 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, induksie-stoofplaat, asook 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie toegerus.
Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n etenstafel. Dit lei na 'n onderdakstoep met 'n eetarea en 'n uitsig oor die swembad.
Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Ligging
- 34 Warwick Road, West Beach, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Warwick Road, West Beach, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang