Resensies van Dana Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dana Bay bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
. - 1st August 2017
staying in Danabaai
Min opsies vir vinnige etes en restaurante, maar steeds 'n baie veilige en rustige area.
. - 8th May 2017
staying in Danabaai
Rustige, skoon, vriendelike dorp.
. - 4th May 2017
staying in Danabaai
Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen.
. - 27th March 2017
staying in Danabaai
Ideale rusplek om die ongerepte natuur te waardeer.
. - 27th January 2017
staying in Danabaai
Pragtige strand, rowwe branders, maar goed geleë.
. - 20th January 2017
staying in Danabaai
Danabaai is pragtig en 'n stiller opsie as Mosselbaai. Net jammer die kinders kan nie in die see swem nie. Ons moes elke dag pak en ry vir die dag na Diazstrand of Hartenbos. Danabaai is 'n pragtige stil strand met lang staproetes langs die see. Ons het dolfyne en walwisse vanaf die stoep van Dux-'n-Biki gesien.
. - 12th January 2017
staying in Danabaai
Alhoewel Danabaai nie veel vir toeriste bied nie, is Mosselbaai naby genoeg daarvoor.
. - 9th January 2017
staying in Danabaai
Ongelooflik mooi en ongerep
. - 6th January 2017
staying in Danabaai
Ideaal geleë vir vinnige besoek by Mosselbaai met die N2 snelweg so naby. Die strand self is gerieflik en naby.
. - 5th January 2017
staying in Danabaai
Ons verstaan daar is nie 'n swemstrand - dis jammer.
. - 4th December 2016
staying in Danabaai
Vooral het Diasmuseum was erg de moeite waard.
. - 28th November 2016
staying in Danabaai
Danabaai is soos hemel op aarde as jy van die hoofstad Gauteng afkomstig is.
. - 1st September 2016
staying in Danabaai
'n Heerlike omgewing, rustig, ver genoeg van gedrang van Mosselbaai, maar naby genoeg om maklik en gou by die plekke in die omgewing uit te kom. 'n Pragtige omgewing met heerlike verrassings - soos bokkies en skilpadjies wat hier by jou op die gras kom wei - laat jou regtig veilig, rustig en tuis voel.
. - 18th August 2016
staying in Danabaai
Quiet but beautiful little town with beautiful beaches and access to hiking routes.
. - 9th June 2016
staying in Danabaai
Lekker naby die Casino wat die heerlikste Sondag-etes aanbied, reg langsaan is Pinnacle Point met die mooiste uitsig waar 'n mens 'n baie lekker koppie koffie of tee kan nuttig.
. - 23rd May 2016
staying in Danabaai
Die meeste dinge wat jy nodig het is reeds in Danabaai en jy hoef nie uit Danabaai te ry om die nodige goed te kry nie. Dit is vir my as hengelaar baie lekker in Danabaai. Ek sal enige tyd weer in Danabaai kom bly.
. - 5th May 2016
staying in Danabaai
Baie mooi dorpie.
. - 26th April 2016
staying in Danabaai
Best kept secret of the Eastern Cape!
. - 10th April 2016
staying in Danabaai
Pragtige plekkie, rustig en veilig.
. - 4th April 2016
staying in Danabaai
Danabaai is 'n baie mooi, rustige plek.
. - 3rd April 2016
staying in Danabaai
Oulike omgewing.
. - 31st March 2016
staying in Danabaai
Danabaai is pragtig en het lieflike strande.
. - 31st March 2016
staying in Danabaai
Danabaai het in my hart gekruip. Rustig en uit die besige Mosselbaai en Hartenbos.
. - 19th March 2016
staying in Danabaai
Danabaai is 'n pragtige plek waar eiendomme oor die algemeen goed in stand gehou word.
. - 5th March 2016
staying in Danabaai
As mens wil rus en vrede ervaar is Danabaai beslis die plek.
. - 1st March 2016
staying in Danabaai
Rustige strandoord.
. - 1st February 2016
staying in Danabaai
Rustige en stil plattelandse uitbreiding.
. - 28th January 2016
staying in Danabaai
Pragtige plekkie, beveel enige een aan om daar vakansie te gaan hou.
. - 13th January 2016
staying in Danabaai
Stunning.
. - 6th January 2016
staying in Danabaai
Sprokiesmooi en sal definitief teruggaan.
. - 23rd December 2015
staying in Danabaai
Rustige atmosfeer en mooi natuur. Stil en veilige strandgebied.
. - 22nd December 2015
staying in Danabaai
Veilige, skoon woongebied.
. - 19th December 2015
staying in Danabaai
Danabaai het net nie 'n goeie swemstrand nie. Het Hartenbos Bayview toe gery om in die see te kon swem. Verder was dit prentjiemooi en het ons die bokkies een dag gesien. Dis naby genoeg aan Mosselbaai en Hartenbos met baie om te doen.
. - 10th November 2015
staying in Danabaai
Hebben er rond gereden. Was heel leuk, maar om te wandelen is het te heuveichtig en te steil voor ons wat oudere mensen.
. - 5th November 2015
staying in Danabaai
Baie mooi en stil plekkie.
. - 28th October 2015
staying in Danabaai
Rustige stranddorpie, naby Mosselbaai en ander vakansieplekke.
. - 23rd October 2015
staying in Danabaai
Lekker stil dorpie en baie veilig.
. - 19th October 2015
staying in Danabaai
Danabaai is die perfekte vakansie plek met kleinkindertjies of as jy wil rustigheid hê. Die klimaat is baie stabiel en die strande is ongelooflik netjies. Danabaai is 'n privaat dorpie wat oor alle nodige winkeltjies beskik (van 'n OK Foods tot 'n wassery). Baie oulike dorpie.
. - 20th July 2015
staying in Danabaai
Sal definitief weer gaan.
. - 6th May 2015
staying in Danabaai
Dana Bay is absolutely awesome, I will be returning as soon as I can.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]