Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.

Sutherland, Kaap Karoo

Die Stal Cottage

"Straatname sal waardeer word. Om die sterre te kyk moet die 2 toere doen. Een in die dag om die SALT se besoek en een in die nag vir die sterre. Maak seker jy maak jou voertuig se tenk vol brandstof voor jy die volgende oggend dou voor dag uit Sutherland vertrek. Petrolstasie toe deur nag. "

Prins Albert, Kaap Karoo

Bay Leaf Self-Catering Guest House

"Pragtige dorpie met pragtige huisies en lekker eetplekke."

Sutherland, Kaap Karoo

Sterland Baroe

"Interessante plekkie, maar nie vir langer as 2 dae nie."

Merweville, Kaap Karoo

Net Genade

"Unieke kerktoring-toer."

Prins Albert, Kaap Karoo

Bid Huisie

"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."

Prins Albert, Kaap Karoo

Yellow House

"Geen oop winkels aangetref na 13:00 op 'n Sondag nie. Baie skoon dorp."

Sutherland, Kaap Karoo

Sterland Doekvoet

"Die besoek aan die sterrewag en sterrekyk onder leiding van kundige personeel, is iets wat elkeen ten minste een keer in jou lewe moet ervaar. Vir diegene wat kouebestand is en in die sneeu wil speel is dit die naaste plek aan Kaapstad. Die roete via Ceres maak 'n mens weereens bewus van die grootsheid van ons land en sy agterpaaie. "

Sutherland, Kaap Karoo

Stofkraal Gasteplaas

"Sutherland het net een ding wat toeriste lok en dis SALT. Ons het nie veel tyd in die dorp self spandeer nie, maar behalwe vir 'n paar eetplekke was daar nie veel te sien nie. Maar mens gaan kuier nie in die karoo en verwag die V&A Waterfront nie. Ons sal wel terug gaan eendag."

Prins Albert, Kaap Karoo

Fig Tree Corner

"Mooi stil dorpie, goeie eetplekke, 'n plekkie om te verken en in te rus."

Ladismith, Kaap Karoo

Towerkraaltjie Caravan2.0

"The drive through Seweweekspoort is an experience not to be missed. Ladismith has a very good butcher who sells excellent biltong!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."

Prins Albert, Kaap Karoo

Skrywerskop

"'n Naweek is ver te kort om al die "juwele" in die dorp en in die omgewing te verken."

Prins Albert, Kaap Karoo

Aloe Guest House

"Lieflike herleweing en instandhouding van 'n Karoodorpie. Lushowe om van te kies en te keur. Die Leesfees was lekker. "

Sutherland, Kaap Karoo

Alpha

"Die besoek aan die kerk was iets baie besonders, veral die argitektuur en die geskiedenis van die kerk. 'n Dag en aand besoek aan SALT (Planetarium) is 'n moet, dit was baie insiggewend. "

Sutherland, Kaap Karoo

Blydevooruitsig Guesthouse

"A very small town with not too much going on. If you are looking for peace and quiet this is definitely the place to go. The night sky is breathtaking."

Prins Albert, Kaap Karoo

The French Cottage

"Die hele streek is jaloers op hierdie pragtige dorp met sy kreatiewe gees."

Sutherland, Kaap Karoo

Stellar Dust previously The Blue Moon

"Die sterrekyk ervaring was goed. Kan egter dit aanvul met 'n video vertoning vooraf. Dit was 'n aangename verassing on die Louw Huis te besoek. Hierdie stukkie geskiedenis moet meer bemark word. "

Sutherland, Kaap Karoo

Primrose Cottage

"Seker die mooiste sterre wat 'n mens kan sien."

Sutherland, Kaap Karoo

Boorgat

"Was heerlik en sterrekyk was 'n belewenis."

Prins Albert, Kaap Karoo

Skrywerskop

"Ek het dit op my reis geplaas as gevolg van die pas en is beslis na alles nie teleurgesteld nie. Beslis die moeite werd om te ervaar."

Sutherland, Kaap Karoo

Kambro Kind Guesthouse

"Stargazing is amazing, a little on the chilly side though."

Sutherland, Kaap Karoo

Boorgat

"Sterrekyk is 'n moet!"

Merweville, Kaap Karoo

Net Genade

"'n Pragtige Karoo-dorp met aangename mense,"

Kaap Karoo

Jagerskraal Guest Farm

"Kaap Karoo is diep in my hart!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Karoo Khaya

"Ons het die "ghost walk" baie geniet. Pragtige, skoon dorp."

Prins Albert, Kaap Karoo

Aandrus

"Moenie Gay se melkery en Lazy Lizard se appeltert misloop nie!"

Blad
Blad 77 - Wys 2281 tot 2310
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem