Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

McGregor

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in McGregor bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 394 resensies.

McGregor

Uitvlugt Cottages

"Baie klein dorpie, maar mooi in sy eie reg."

McGregor

Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage

"Gaan eet by Karoux restaurant! "

McGregor

Pepper Tree Cottage

"McGregor is 'n baie oulike dorpie! Dit is bietjie afgeleë van die omliggende dorpies wat beteken daar is minder mense en dis heerlik stil en rustig. Tog, is dit net 10 km van Robertson af so jy kan maklik vir 'n dag uit ry na enige van die wynplase. Daar is 'n wonderlike dag spa in die dorp wat 'n fantastiese massering bied!"

McGregor

SummerHouse

"Die enigste probleem was dat daar geen selfoonontvangs was nie."

McGregor

The Kite House

"Lieflike ou dorpie met die oulikste markie op Saterdae."

McGregor

Plum Tree Cottage

"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."

McGregor

Ons Huisie

"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "

McGregor

Whipstock Guest Farm

"McGregor is maar 'n klein plekkie, 'n mens moet maar saamneem wat jy kan. Het van die eetplekke baie geniet en die kos was besonders!"

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Hierdie plekkie is pragtig en nie kommersieel nie!"

McGregor

Orchard Cottage

"Baie mooi dorpie. Rustig met 'n pragtige uitsig."

McGregor

Orchard Cottage

"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."

McGregor

The Kite House

"Pragtige plattelandse dorpie en die donkies is 'n bonus. Gaan besoek gerus Eseltjiesrus."

McGregor

Tumbleweed Cottage McGregor

"Dit is 'n plekkie waar jou siel kan rus."

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Mal oor die vriendelike mense."

McGregor

Lemon Tree

"Sal dit absoluut aanbeveel."

McGregor

Plum Tree Cottage

"Pragtig en werklik 'n plek om te gaan rus"

McGregor

Miss Milly Folly

"'n Pragtige en karaktervolle dorpie wat rustigheid in mens se gemoed bring."

McGregor

Whipstock Guest Farm

"Die dorp is baie stil deur die week. Was al daar oor 'n naweek. Dinge lyk dan heelwat anders. Diens is nie oral so goed deur die week nie. Van die galerye was ook toe, maar die omgewing was wonderlik! Stappermekka!"

McGregor

SummerHouse

"Arty and good restaurant."

McGregor

Uitvlugt Cottages

"McGregor was baie stil."

McGregor

Van Zylsrust Country House

"Eerste keer in McGregor sal graag meer tyd daar wil spandeer om dit te verken."

McGregor

Lord's Guest Lodge

"Quiet town with friendly people. "

McGregor

Gooding’s Country House

"Al is die dorpie baie klein, kan dit in jou hart inkruip. Gaan besoek beslis vir John by die Old Post Office, maar maak net seker oor wanneer dit oop maak. Verder is dit lekker om met die plaaslike gemeenskap te gaan gesels oor wat als in die dorp aangaan."

McGregor

Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage

"Pragtige wynplase in die omgewing! Eseltjiesrus Donkey Sanctuary 'n insiggewende besoek! Lekker restaurantjies."

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Ons is mal oor die dorp en sy mense asook die die plase rondom dorp."

McGregor

The Cottage at Wild Almond

"Pragtige dorpie. Alles is stapafstand. Heerlik geëet by Karoux, by Carol's Pub gekuier, wyn geproe by Lord's Wines en McGregor Wines."

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Fanastiese dorp met vriendelike mense."

Blad
Blad 11 - Wys 301 tot 330
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem