Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Kruger National Park South

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Wooden House

"Jy skuld dit aan jouself om Marloth Park ten minste een keer te ervaar. Hierdie was ons tweede keer die jaar en beplan reeds die volgende besoek."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Serenity Du Bois Lodge

"Mense speel soms harde musiek wat nie hoort in 'n natuuromgewing nie."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Legacy (Seekoei 3295)

"Dis 'n lieflike area met warm, hartsmense en die ontvangs is altyd vriendelik. Die diere wat in die area rondbeweeg verskaf almal ure se vermaak en maak enige kuier die moeite werd. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

a Zaganaga Kruger Lodge

"'n Wonderlike stukkie aarde - maar die munisipaliteit kan bietjie hulle sokkies optrek. Die straatnaamborde is baie verwaarloos en party plekke is sommer net eenvoudig weg. Vullisverwydering kort ook aandag. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Magani Ridge

"Marloth Park is nog altyd my wegbreekplek as die lewe te veel word. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Ons Boshuis

"Ons het al baie in Marloth Park vakansie gehou en het nog nooit 'n veiligheid "insident" beleef nie. Ons hoor net dat daar wel is en gereeld gebeur. Ek dink egter die sekuriteit kan beslis ingeskerp word ten opsigte van toegang. Daar loop heeltemal te veel nie-vakansiegangers en nie-inwoners vryelik rond. Dit is beslis 'n veiligheidsrisiko."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Manzini Chalets

"The place is beautiful and safe."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Magani Ridge

"Pragtige plek, maar mens moet maar seker maak alles is gesluit as jy uitgaan."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Big Tuskers Bush Camp

"Lekker rustig en baie naby die natuur. Mal daaroor."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Cooksies Bushpad

"If you love the bush and wildlife this is the place to be, as Kruger National Park is on your doorstep you can easily spend the day driving around in the park. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Zeals Rise

"Marloth Park is mooi en rustig."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Bateleur's Nest

"Het gevoel of ons in die wildtuin bly. Sien sommer die diere by die rivier sonder om na die wildtuin te gaan."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Carolmarks

"Ons dink dis ongelooflike waarde vir geld en 'n puik basis vir allerhande dag-ekskursies na die Wildtuin, Swaziland of Maputo."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Marloth Park Eland 3364

"Dis 'n heerlike vakansieplek en ons as familie het baie herinneringe daar. Dit is besig om baie uit te brei en al hoe meer huise maak dat die bos-gevoel 'n bietjie begin kwyn, maar daar is nog baie wild en die feit dat die Kruger Wildtuin direk langsaan is en mens ure lank kan sit en uitkyk oor die Krokodilrivier en lekker ver kan gaan stap, maak dit absoluut die moeite werd."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Wonderlike stukkie aarde in ons land! Sal enige tyd so 'n stukkie aarde my eie wil maak."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Marloth Park Eland 3364

"Ons besoek Marloth Park gemiddeld 2 maal per jaar."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Elephant Walk Retreat

"Ons was so teleurgestel in die houding van die personeel van die park oor die algemeen, veral by die Kruger Hek. Ons het ook besef dat die Safari voertuie wat die toeriste op 'n oprit neem werklik moet let dat hulle nie ure by een punt kan staan nie, gee almal 'n kans om te sien wat daar te sien is en die verkeer hoop so op dat dit later tot een verkeersopeenhoping lei."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudu Lodge

"They do scare you a bit with their safety briefing but we felt perfectly safe and was nice to know that security was driving around."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Ruslekka

"Marloth Park is 'n rustige ontspanne omgewing wat mens in voeling bring met die natuur. Die diere wat tussen die huise beweeg was n groot bonus."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Wildsbokkie Holiday Home

"Marloth bly altyd 'n wenner as jy lief is vir die Laeveld se fauna en flora."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Sabie River Bush Lodge

"Adventurous and interesting. I love what I saw."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Rustevre

"Bekend vir inbrake en rowe selfs elders plaas gevind met ons besoek nou daar. Mal oor omgewing reeds 3 jaar in 'n ry besoek. Kriminele-element hou baie besoekers weg aangesien baie ons afraai om te gaan."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudu Lodge

"Lekker naby die Wildtuin geleë."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Live-A-Little

"Geen dokter beskikbaar as jy siek word nie. Moet na Komatipoort ry daarvoor."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Vuurvliegie en Sonbesie

"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."

Blad
Blad 100 - Wys 2971 tot 3000
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem