Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Paternoster

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.

Paternoster

Soli Deo Gloria - Penthouse

"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."

Paternoster

Marlyn

"Beeldskone dorpie! Voel soos alternatiewe realiteit , kan beswaarlik glo die stad is net om die draai! Lieflike restaurante, koffiewinkeltjies en snuffelhoekies! Tietiesbaai net om die draai verskaf ekstra natuurbetowering! Sal beslis weer en weer besoek!"

Paternoster

Dankbaar

"Blomme was ook baie mooi."

Paternoster

Phoenix 2

"Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday."

Paternoster

Astrandt 2

"Paternoster is die heerlikste plek om werklik te gaan ontspan."

Paternoster

Malgassie

"Baie oulike dorpie en vriendelike mense."

Paternoster

Strandlopertjie

"Baie mooi dorpie en die strand is ook mooi."

Paternoster

Seekat

"Pragtige plek met dierbare mense."

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Lekker wegbreekdorpie. Vriendelike mense. Puik restaurante."

Paternoster

A'la Mossel 1

"Pragtige plek!"

Paternoster

Sea Shack

"Nostalgies en so mooi."

Paternoster

Waves

"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."

Paternoster

Just Rest

"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."

Paternoster

Aloha 3

"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Sal graag daar wil oorbly met toekomstige Jazz Festivals op Tietiesbaai."

Paternoster

Just Rest

"Fantastic getaway. "

Paternoster

Visvanger

"Ons het Paternoster besoek in hulle af seisoen so daar was 'n hele paar plekkies wat toe was, maar dit was nie 'n probleem nie. Die see is ongelooflik mooi en dit is dalk een van die redes dat ons bietjie teleurgesteld was, want die see word nou so toegebou deur dubbelverdiepings. Die dorpie se plaaslike mense intimideer 'n mens bietjie, want maak nie saak waar jy uitklim nie die mense storm op jou af om goed te verkoop en is dan regtig snaaks as jy nie iets vat nie. Ons was 'n paar keer benoud in daardie opsig. Daar is ook by ons vakansiehuis ingebreek en behoorlik buit gemaak op ons goedjies. Ek dink daar moet bestee word aan 'n tipe van 'n reaksie mag wat in Paternoster gestasioneer is en wat onmiddellik kan optree as iets gebeur of dalk sal selfs net die teenwoordigheid van so iets in die dorp die diefstal bietjie kniehalter. Verder was die plekkies wat ons besoek het baie oulik, maar het ons gevind dat baie van die plekkies se eienaar baie kortaf was. Baie mooi plekkie, was net nie so idillies soos van ouds nie, "

Paternoster

Paella

"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Dis die juweel van die Weskus."

Paternoster

A'la Mossel 1

"Ek sal elke keer teruggaan, sal nooit uitgekuier raak in die pragtige rustige seedorpie nie. "

Paternoster

D.V. Engelhijs

"Pragtig en so goed bewaar! Ideale vakansiebestemming!"

Paternoster

Coco Bella 1

"Bedelaars soms baie lastig."

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Verstaan nou die term Weskusdorpie. Klein, maar persoonlik genoeg sodat jy tuis voel. Beslis 'n plek om na terug te keer."

Paternoster

Komyntjie 2

"Baie mooi en rustig."

Paternoster

Paternoster Hotel

"Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!"

Paternoster

Kairos

"Kan verbeter as toerisme-aantreklikheid indien veiligheid opgeskerp kan word."

Paternoster

D.V. Engelhijs

"Pragtige seedorp."

Paternoster

Bo-Bakkies

"Sal nooit Patrenoster alleen besoek of byvoorbeeld vir 'n 'girls weekend' nie. Diefstal is 'n probeem."

Paternoster

Aloha 3

"Baie lekker plek met 'n groot karakter. Goeie eetplekke en baie om te sien. "

Blad
Blad 62 - Wys 1831 tot 1860