Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Paternoster

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.

Paternoster

Katonkel

"Paternoster is 'n uitstekende toeristebestemming."

Paternoster

Ahoy Cottage 4

"Wonderlike plek en die mense is baie vriendelik."

Paternoster

May se Huis

"Pragtige stranddorpie."

Paternoster

Aloha 2

"Pragtige omgewing met eindelose strand."

Paternoster

Ancora

"Pragtig. Die seelewe en strand is ongelooflik!"

Paternoster

Strandlopertjie

"Loved Paternoster - We will definitely be back for longer next time."

Paternoster

Jongnooientjiesfontein

"Paternoster is die mooiste dorpie! Het so lekker geëet by Voorstrandt en Square Spoon. Mooiste strand en wit huisies. Verlief op die plekkie! "

Paternoster

Jongnooientjiesfontein

"Rustige en veilige dorpie met uitstekende restaurante!"

Paternoster

Ahoy Farmhouse 3

"Nog altyd 'n favourite."

Paternoster

Soli Deo Gloria - Penthouse

"A little piece of heaven!"

Paternoster

Aloha 1

"Baie oulike plek. Het ook maar hulle "petty crime". Kan nie iets in jou kar los nie."

Paternoster

Jacobsklip Loft

"Lekker naweek of vakansieplek, uitstekende restaurante."

Paternoster

Aunty Margies

"Baie vriendelike en gasvrye mense, en sal enige tyd weer daarheen gaan en verseker vir 'n langer tydperk."

Paternoster

Azzuro - Duplicate

"Die kreefverkopers op straat is 'n groot probleem, soveel so dat jy nie eers kreef in 'n restaurant kan bestel nie."

Paternoster

Aloha 3

"Dis 'n baie nice toeristebestemming. Verskeie restuarante, ens."

Paternoster

Bokkoms Guest Flat

"Heerlike wegbreekplek met genoeg eetplekke en winkeltjies. Ek en my man het gesels en gewonder of 'n klein teater nie dalk 'n aanwins sal wees nie, waar kunstenaars oor naweke kan optree. Ons sal beslis weer hier kom kuier."

Paternoster

Paternoster Place

"Dit die tipe plek wat jy nie veel van verwag nie totdat jy begin rondstap. Dit is 'n baie interessante dorp wat jou belangstelling aangryp. "

Paternoster

Aloha 3

"Paternoster is altyd pragtig - selfs as die wind waai. Dis ideaal vir 'n naweek of langnaweek, maar langer beteken mens moet bietjie uitry om die omgewing te sien - daar is nie veel meer om te doen nie. So om uit te span en niks te doen (behalwe lekker eet) is dit ideaal. Die Pizza-restaurant het o.a. 'n gerookte snoek-pizza!"

Paternoster

Vinkie

"Beautiful, quaint little town - perfect for a getaway from the JHB busy life."

Paternoster

Astrandt 1

"Pragtige plek. Goeie restaurante. Vriendelike diens oral waar jy kom. "

Paternoster

Aloha 3

"Dis 'n fantastiese plek. Die pragtige strand, skoon omgewing en vriendelike mense het my beïndruk. Dan natuurlik die seekos laat 'n mens se mond water. Dit is 'n Ideale plek om vakansie te hou en ook af te tree."

Paternoster

Tjokka

"Absoluut aan te beveel."

Paternoster

Not available

"'n Lieflike plek."

Paternoster

Soli Deo Gloria - Penthouse

"Wonderlike atmosfeer!"

Paternoster

Strandlopertjie

"Dis 'n baie mooi klein dorpie en alles is na aan mekaar, die mense daar baie vriendelik."

Paternoster

Jongnooientjiesfontein

"Die Voorstrandt Restaurant word beslis aanbeveel. "

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Dit is vir my hartseer om te sien dat soveel onwettige krewe gevang word en in plastieksakke rond gedra word. Sou graag wou sien dat daar daadwerklik gepatroleer sou word daarteen."

Paternoster

Paternoster Coves

"Ons gunsteling vakansiedorp. Die onwettige kreefhandel pla egter en die regering dit moet oplos."

Paternoster

Kiewiet

"Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie."

Paternoster

Azzuro - Duplicate

"Restaurante het almal beïndruk."

Blad
Blad 64 - Wys 1891 tot 1920
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem