Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 362 resensies.
"Pragtige klein dorpie. Het 'n wonderlike restaurant in Wharf-straat opgespoor. 'n Bietjie te besig gedurende die Desembervakansie, sal eerder buiteseisoen kom kuier. Alles is hier beskikbaar. Pragtige marina en die Kowierivier-bootrit is 'n ongelooflike ervaring. Daar is baie dinge om te doen en te sien. Sal beslis aanbeveel."
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"Rustige, pragtige dorpie met soveel skoonheid, rustigheid en plekke om te gaan en dinge om te doen."
"If it's not summer time, I would not visit Port Alfred. Only other time I will probably visit is if there is a festival of some sort, but then I will drive through from PE in the morning. "
"Port Alfred is 'n klein kusdorpie met pragtige omliggende uitsigte en sal perfek wees vir enigiemand wat wil ontspan en uit die besige stad kom. Daar is een of twee restaurante en vir alles anders is daar 'n winkelsentrum 'n entjie geleë uit die dorp. Van die strate kort beslis opgradering, maar die gevoel oor die algemeen is rustig en histories. "
"'n Pragtige stranddorp - veral die oosstrand bied geleentheid om ver langs die strand te stap. Absoluut heerlik! Rosehill Mall bied alles wat 'n vakansieganger wil hê. Wharfstraat, Bathurst 'n besliste besoek werd! Aangenaam verras met Kenton-on-Sea en Boesmansriviermond en veral Nanaga-padstal - besoekers aan die Oos-Kaap mag dit nie mis nie!"
"Die netheid in die dorp was opvallend, veral nadat ons wyd getoer het en werklik vervalle dorpe gesien het."
"Ek was aangenaam verras met die dorp en baie spyt dat ek nie langer kon bly om meer te ondersoek en te ervaar nie."
"Ek dink Port Alfred moet ernstig iets doen aan die paaie. Dit pas nie by die pragtige dorpie nie. Die oulike winkelkompleks reg aan die begin van die dorp was 'n groot bederf. Kan almal aanraai om te gaan kuier, maar weereens, hou die gate dop! Veral in area by die strand."