Resensies van Still Bay East

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay East bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.66 uit 5 gekry volgens 59 resensies.
Rene V. - 5th January 2020
staying in Stilbaai-Oos
Stilbaai is 'n wonderlike plekke, waar 'n mense baie het om te doen vir oud en jonk. Ek sal sê om meer wasserye te kry, ons wou die Donderdag ons klere ingee, hulle kon ons eers die Maandag gehelp het so vol en besig was hulle. Meeste van die eetplekke moet mens ook bespreek om te gaan eet. Maar verder was dit baie lekker.
Jc S. - 18th December 2019
staying in Stilbaai-Oos
Baie lekker, my gunsteling-dorpie.
Cheryl J. - 11th December 2019
staying in Stilbaai-Oos
Volgens my man is dit die beste see en strand in Suid-Afrika.
Bryan W. - 30th November 2019
staying in Stilbaai-Oos
The are a few street names with Gordon in their names in close proximity to each other. This is rather confusing when trying to locate the cottage.
Morne V. - 18th October 2019
staying in Stilbaai-Oos
Nie vir jongmense nie. Dis 'n aftreedorpie en moet so waardeer word.
Kobie D. - 5th October 2019
staying in Stilbaai-Oos
Ons was aangenaam verras deur die grootte van Stilbaai. Heerlike eetplekkies en winkeltjies om in rond te snuffel. Mense oor die algemeen baie vriendelik. Dorp is besonder netjies en paaie het nie slaggate in nie.
Linda K. - 30th September 2019
staying in Stilbaai-Oos
Stunning plek om vakansie te hou!
Michelle E. - 23rd September 2019
staying in Stilbaai-Oos
Ontspannende vakansie atmosfeer.
Sw V. - 16th September 2019
staying in Stilbaai-Oos
Pragtige dorp wat netjies en skoon gehou word en waar ons oral vriendelik ontvang is.
Elize K. - 13th September 2019
staying in Stilbaai-Oos
Dit was buite seisoen en heerlik stil en rustig! 'n Baie lekker plek as mens wil rus en ontspan!
Barry D. - 14th August 2019
staying in Stilbaai-Oos
Dis 'n klein stukkie van SA waar tyd stil gestaan het. Vriendelike mense en prentjie mooi en skoon. Die plek kan nie anders as om mens te bekoor nie. Dit was my eerste, maar vir seker nie my laaste besoek nie.
Joey B. - 12th August 2019
staying in Stilbaai-Oos
Stilbaai het beslis 'n plekkie op ons lysie vir aftrede eendag geword. Gasvrye mense mense. Mooi wêreld om jou, met alles wat nodig is binne jou direkte bereik.
Marius S. - 3rd August 2019
staying in Stilbaai-Oos
Dis die rustigste deel van Stilbaai, en ons geniet dit elke keer ten volle. Die stap op die lang eindelose strand, die Geelkrans-staproete se natuur is puik!
Rosemary V. - 6th July 2019
staying in Stilbaai-Oos
Clean, beautiful, perfect!
Derrick N. - 20th June 2019
staying in Stilbaai-Oos
Hierdie plek is beslis aan te bevele vir enige vakansieganger.
Jansen P. - 17th June 2019
staying in Stilbaai-Oos
'n Pragtige dorp en omgewing met foto mooi rivier en see tonele. Vriendelike, bedagsame inwoners. Beslis die entjie se ry vanaf die N2 werd!
Sannie K. - 2nd June 2019
staying in Stilbaai-Oos
Perfekte vakansie- en uitspanbestemming.
Stefanus C. - 29th April 2019
staying in Stilbaai-Oos
Ons sal beslis weer van die fasiliteit gebruik maak indien ons in Stilbaai wil oornag.
Dirk H. - 26th April 2019
staying in Stilbaai-Oos
Oulike dorp en sal dorp weer besoek. Begrafplaas lyk baie netjies en pluspunt vir dorp.
Leon B. - 28th March 2019
staying in Stilbaai-Oos
Baie lekker skoon swemstrande met besonderse sonsondergange.
Martha V. - 25th March 2019
staying in Stilbaai-Oos
Om in die sewende hemel te woon was klaar 'n groot lekker, maar die pragtige, uitgestrekte wit strand wat jou anderkant die duin begroet, was 'n baie aangename verrassing! Stilbaai is tops!
Brigitte R. - 7th March 2019
staying in Stilbaai-Oos
Lovely and quiet!
Tougheed T. - 18th February 2019
staying in Stilbaai-Oos
Well I'm definitely going back it's my new favourite place.
Catherine P. - 12th February 2019
staying in Stilbaai-Oos
Stilbaai-Oos het die lekkerste swemplek op riveroewer.
Ed V. - 9th February 2019
staying in Stilbaai-Oos
Hier die plekkie van die huis is nie te stillerig nie. Lekker uitsig en die estuarium.
Wirie R. - 21st January 2019
staying in Stilbaai-Oos
Dit is baie netjiese dorp met heerlike staproetes en lekker vars vis by die hawe.
Dirk E. - 7th January 2019
staying in Stilbaai-Oos
Pragtig, skoon en lekker Afrikaans!
Jansie S. - 28th December 2018
staying in Stilbaai-Oos
Heerlik.
Frik R. - 16th December 2018
staying in Stilbaai-Oos
Stilbaai is 'n besonderse vakansiebestemming, vriendelike mense, lieflike skoon strand en omgewing.
Lizelle K. - 19th November 2018
staying in Stilbaai-Oos
Dit is ‘n entjie weg van die gewoel af so vir my is dit ideaal. Maar na genoeg as jy deel wil wees van die vakansie bestemming.
Linda H. - 15th November 2018
staying in Stilbaai-Oos
Ons was aangenaam verras met die pragtige omgewing en grootte van die dorp. Ons het 'n paar huisies langs die see verwag maar 'n lewendige, uitgebreide stad gekry met pragtige groot huise, 'n bedrywige besigheidsarea en wonderlike natuurskoon! Gaan kyk gerus, dis pragtig!
Daniel A. - 29th October 2018
staying in Stilbaai-Oos
Alles is perfek.
Urshla K. - 15th October 2018
staying in Stilbaai-Oos
Dit is die beste vakansie-oord vir my en my gesin. Sal dit enige tyd aanbeveel. Waarde vir jou geld.
Sunita P. - 8th October 2018
staying in Stilbaai-Oos
Stunning plek!
Lucille B. - 3rd October 2018
staying in Stilbaai-Oos
As jy wil wegkom van alles is Still Bay East die plek! Lekker rustig.
Cecile S. - 3rd October 2018
staying in Stilbaai-Oos
Pragtige plek! Die dorp word mooi in stand gehou.
Annatjie H. - 21st September 2018
staying in Stilbaai-Oos
Pragtig! Ons aftreeplek!
Evelyn A. - 9th August 2018
staying in Stilbaai-Oos
Baie mooi, lekker en rustig.
Anthea R. - 16th July 2018
staying in Stilbaai-Oos
Really quite a number of things to do, and enjoyed that we could walk to certain shops and cafe's.
Monarda A. - 3rd June 2018
staying in Stilbaai-Oos
Ons het al baie in Stilbaai gebly en ek voel net dat die geriewe van hierdie eenheid opgeknap moet word. Die stort en bad moet vervang word, die beddegoed moet vervang word en die vloer in die eenheid moet vervang word.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za